
FC Prinsloo (43), ’n beroepsjagter van Limpopo is verlede week deur ’n buffel gegaffel.
FC Prinsloo (43), die beroepsjagter van Limpopo wat deur ’n buffelbul met sy horings deurboor is, is Saterdagoggend dood.
Johan, sy broer, het sy dood bevestig en bygevoeg dat die familie nie vandag kans sien om verder kommentaar te lewer nie.
Prinsloo, wat in Modimolle gewoon het, was sedert die voorval vroeër in Augustus in die hospitaal waar hy in die waakeenheid behandel is.
Netwerk24 het vroeër berig dat Prinsloo in die Makuya-gebied in die noordooste van Limpopo, digby die Krugerwildtuin, was toe ’n beseerde buffelbul hom bestorm.
Die buffelbul het ’n draadstrik wat deur stropers gestel is om sy linkervoorbeen gehad en het Prinsloo se regterbeen en bors met sy horings deurboor.
Prinsloo het onder meer ’n gat in sy een long opgedoen waar van sy gebreekte ribbes ingesteek het.

Die draagbaar waarop Prinsloo uit ’n beboste gebied gedra is nadat die buffel hom gegaffel het.