Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jagter sterf ná olifant op hom val
Theunis Botha, saam met sy vrou, Carika en hulle vyf kinders. Foto: Facebook

Theunis Botha, ’n jagoperateur en professionele grootwildjagter van Tzaneen, (51) is Vrydagmiddag tydens ’n jagtog in Gwai in Zimbabwe dood toe ’n olifantkoei sy jaggeselskap bestorm, een van sy medejagters uit selfverdediging op haar geskiet en sy toe bo-op Botha geval het.

Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) het in ’n kort boodskap op Facebook gesê die jaggemeenskap betreur Botha se tragiese en ontydige dood.

“Ons harte en gebede gaan uit aan sy familie en vriende.”

Ons harte en gebede gaan uit aan sy familie en vriende
Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika

’n Bron wat anoniem wil bly, het gesê die groep jagters het Vrydagmiddag gaan stap toe hulle skielik op die teeltrop olifante afgekom het.

Drie olifantkoeie het op die jaggeselskap afgestorm en Botha het op hulle geskiet. ’n Vierde olifant het die groep van die kant af bestorm, waarop een van die jagters op haar geskiet het toe sy Botha met haar slurp opgetel het. Sy het dood neergeval en bo-op Botha te lande gekom.

Botha word oorleef deur sy vrou, Carika en hul vyf kinders. Botha was veral lief daarvoor om met honde te jag.

Netwerk24 verneem Botha was baie bekend as ’n jagter in Zimbabwe en het gereeld Amerika toe gegaan om welgestelde Amerikaners te werf om in suidelike Afrika aan trofeejagtogte deel te neem.

Carika sal na verneem word Maandag na Zimbabwe vertrek om haar man se lyk te gaan uitken en dit na Suid-Afrika terug te bring. Sy kon nie Sondagoggend telefonies bereik word nie.

Theunis Botha saam met sy vrou, Carika. Foto: Facebook

Botha was goeie vriende met Scott van Zyl (44) van SS Pro Safaris van Marken wat verlede maand in Zimbabwe deur krokodille opgevreet is. Hy was op ’n jagtog by die Chikwaraka-kamp in Zimbabwe toe hy op 7 April vermis geraak het.

Van Zyl se rugsak is op die oewer van die Limpoporivier gekry, en te midde ’n grootskaalse soektog, is twee krokodille as deel van die ondersoek ’n paar dae doodgeskiet. Die krokodille se maaginhoud is op die toneel versamel en deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Zimbabwiese polisie vir forensiese en DNS-ontleding geneem. Die DNS-monsters het met Van Zyl s’n ooreengestem.

’n Derde krokodil is geskiet en is die Vrydag 14 April uit die rivier gehaal, waarna ’n stuk van ’n Cat-stewel in sy maag gekry is. Dit het ooreengestem met die skoene wat Van Zyl aangehad het toe hy verdwyn het.

Meer oor:  Sterf  |  Jagter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.