Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
James Small se familie geweldig getraumatiseerd
James Small en Darren Scott. Foto: Facebook

Die familie van James Small (50), Suid-Afrikaanse rugbylegende, wat Woensdag skielik gesterf het, is geweldig getraumatiseerd.

Chris Storm, pa van Christina Storm Nel, saam met wie Small ’n 14-jarige dogter het, sê “die kinders weet nie eens regtig wat aangaan nie”.

Storm sê sy dogter het Woensdag eers ná 23:00 in Johannesburg aangekom om by haar en Small se dogter, Ruby, te wees. Hulle gaan in ’n gastehuis tuis. Storm Nel woon in die Oos-Kaap. Sy en Small het gedeelde toesig oor Ruby gehad.

“Christina is so geskok en hartseer dat sy nie eens met my oor die telefoon kan praat nie,” sê Storm wat naby Hermanus in die Wes-Kaap bly.

“Sy sien nie nou kans om met enigiemand te praat nie.”

Volgens hom het Small inmekaargesak en hy is per ambulans na ’n hospitaal in Johannesburg geneem waar hy dood verklaar is. Storm kon nie sê watter hospitaal dit is nie.

Small se ma, Vourn, het Woensdag gesê hy is vermoedelik aan ’n hartaanval dood, maar dit moet nog bevestig word. Die familie wou nog geen besonderhede oor die omstandighede rakende sy dood gee nie. Hy het in Februarie sy 50ste verjaardag gevier.

james small, christina storm
James Small en Christina Storm toe hulle in die jare negentig 'n paartjie was. Foto: Argief

Geen begrafnisreëlings is nog bekend gemaak nie.

Llewellyn Prince berig dat Jackson Mthembu, minister in die presidensie, Donderdagoggend op ’n nuuskonferensie in die parlement namens die kabinet sy medelye met naasbestaandes van die oud-Springbokvleuel uitgespreek het.

“Hy was deel van die Springbokspan wat die Wêreldbeker-rugbytoernooi in 1995 op eie bodem gewen het.”

Huldeblyke stroom steeds van oral in op Small se Facebookblad.

Darren Scott, radio-aanbieder en vriend van Small, sê dit was “een van die grootste voorregte in my lewe om jou as vriend te hê”. Hy sê hy sal alles moontlik doen dat Small se nalatenskap voortleef.

Ook Brian Mitchell, voormalige bokskampioen, het sy skok uitgespreek oor Small se onverwagse dood. “Ek het nog verlede week met jou gepraat. Jy was ’n legende op en van die rugbyveld af.”

Small het ook ’n negejarige seun, Caleb, uit ’n ander verhouding.

Meer oor:  James Small
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.