Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
James Small: Publiek kan op skerm roudiens volg

James Small (50), die oud-Springbok-rugbyspeler wat verlede week skielik in Johannesburg aan vermoedelik ’n hartaanval dood is, se lewe sal Donderdag op ’n roudiens gevier word.

Die roudiens sal om 14:00 by The Deck by die Wanderers-rugbyklub in Johannesburg gehou word.

Gavin Houlston, familiewoordvoerder, sê die publiek is welkom om saam met hulle van Small afskeid te neem.

Small was deel van die Springbok-span wat in 1995 die Wêreldbekertoernooi op Ellispark in Johannesburg gewen het.

James Small (50) se roudiens word Donderdag in Johannesburg gehou.

Die hekke van die Wanderers-klub sal om 12:00 open en daar sal voorsiening gemaak word vir die publiek op een van die rugbyvelde. Daar is parkeerplek beskikbaar en lede van die publiek hoef nie om akkreditasie aansoek te doen nie.

Die roudiens sal in ’n geslote area gehou word om die familie se privaatheid te respekteer.

Slegs geakkrediteerde gaste sal in die private area toegelaat word. Geen foto’s mag hier geneem word of beeldmateriaal verfilm word nie.

Houlston sê vir die baie belangrike gaste (BBP’s) sal parkeerplek beskikbaar wees by die Wanderers-klub. Daar sal aanwysings wees na die plek waar hulle akkreditasie kan kry sodat hulle toegang tot die private begrafnisdiens sal kry.

Vriende van Small, rugbyspanmaats en familielede wat toegang tot die private begrafnisdiens wil hê, moet hul besonderhede per e-pos stuur na jamessmallmemorial@gmail.com sodat dit bevestig kan word.

Die media kan Donderdag van 12:00 tot 13:30 in die Centenary Room by die Wanderers-klub om akkreditasie aansoek doen.

Small het twee kinders, Ruby (14) en Caleb (9). Christina Storm Nel, ’n oudmodel en aktrise, is Ruby se ma. Sy en Small was vir etlike jare in ’n verhouding. Caleb is Small se seun uit ’n vorige verhouding.

Meer oor:  James Small
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.