Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jammer, jy’t jou tjips gehad . . .

Een van die Suid-Afrikaanse sout-en-asyn-tande wat hul lot op sosiale media bekla het, het saam met ’n afsêkaartjie ook vir oulaas 15 pakkies van haar gunsteling-skyfies gekry.

Die Lay’s geur wat die hele Suid-Afrika in rep en roer laat. Foto: Verskaf

Maar daar was ook ’n lokval vir Laila Manie (22) van Kaapstad om haar lojaliteit te verplaas na ’n nuwe geur, Sweet & Smoky American Barbeque. Sy het gister foto’s van die troospryse en die afsêkaartjie getwiet.

Manie het aan Rapport gesê: “As mens by ’n winkel instap, wil jy jou gunsteling-geur koop, maar ek sal die nuwe geur probeer en dan besluit hoe ek daaroor voel.”

Vroeër die maand het sy Lay’s op Twitter gevra waar die donkerblou pakkies met die sout-en-asyn-skyfies deesdae wegkruip. Die maatskappy het haar laat weet dis aan die mark onttrek.

Manie was baie teleurgesteld oor die nuus, maar meer geskok oor hoe ander op Twitter gereageer het. “Ek twiet gereeld organisasies as ek ongelukkig is oor iets, of sommer net wonder, maar ek het nie gedink dit gaan so ’n groot storie word nie.”

Volgens Lay’s het navorsing getoon die sout-en-asyn-geur is nie so gewild soos wat die bekgeveg op Twitter dit laat lyk het nie, daarom word dit nie meer gemaak nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.