Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Jammer,' sê sakeman oor aanval op swanger vrou

Hy haat rassisme met sy hele hart, maar dit regverdig nie sy optrede teenoor die swanger vrou wat hy gestamp het nie, sê Romeo Makhubela, wat weens dié voorval as die uitvoerende hoof van die finansiëledienstegroep Novare geskors is.

Hy het Bianca Fourie (29) op 25 April in die Steers-restaurant in die Featherbrooke Village-winkelsentrum aan die Wes-Rand te lyf gegaan.

Makhubela het Woensdag sy kant van die saak gestel. Hy sê hy was saam met sy twee seuns in die motor op pad na die kitskosrestaurant. Sy seuns is onderskeidelik 11 en 21 jaar oud.

“Op pad Steers toe was daar ’n vrou in haar motor wat die pad vorentoe versper het. Agter haar was daar ’n swart man in sy motor wat op sy toeter gedruk het.

Volgens Makhubela het die vrou kwaad geword en vir die man in die motor agter haar geskree: “Jou f****n p**p*l!”

Makhubela en sy seuns het die vrou op die parkeerterrein buite die restaurant gesien. “My grootste fout was om haar daaroor te konfronteer. Ek het haar gevra: ‘Hoekom gebruik jy sulke aaklige taal in die openbaar en in die teenwoordigheid van kinders?’ ”

Volgens Makhubela het die vrou aggressief geraak en hom die k-woord genoem. Sy het ook die man wat sy toeter vir haar gedruk het, die k-woord genoem.

“Ek het toe besluit om te loop en is by die restaurant in. Sy het my gevolg en aanhou vra hoekom ek die p**p***e verdedig het. Ek het dit verloor en haar gestamp.”

Hy sê dit is waar dat hy haar gestamp het, maar hy het haar nie in die maag geslaan nie.

“Ek was nie eens bewus daarvan dat sy swanger is nie.”

Hy sê hy probeer nie sy optrede regverdig nie, maar dat haar rassistiese uitlatings ook nie reg was nie.”

Ek het toe besluit om te loop en is by die restaurant in. Sy het my gevolg en aanhou vra hoekom ek die p**p****e verdedig het.

Makhubela sê hy en sy familie het in die apartheidstyd in baie moeilike omstandighede geleef. Sy broer het in ballingskap gegaan.

“Rassisme is vir my ’n belangrike kwessie. Ek haat dit met my hele hart, maar dit regverdig nie my optrede nie. Ek het regtig om verskoning gevra vir wat ek gedoen het.”

Fourie het Woensdag by navraag gesê haar prokureur het haar aangeraai om nie verder met die media te praat nie.

Haar ma, Amanda de Lange, ’n VF Plus-raadslid in Krugersdorp, het vroeër gesê haar dogter is byna agt maande swanger.

Fourie het strafregtelike en siviele klagte teen Makhubela ingedien.

Rapport het berig Makhubela het Fourie van crimen injuria aangekla en haar by die gelykheidshof verkla weens die gebruik van rassistiese taal.

De Lange het vroeër gesê daar is geen gronde vir Makhubela se beweerde klagte nie.

“Wat regverdig in elk geval aanranding? Ons kan nie aanhou om ons kop weg te draai vir hierdie soort ding nie. Dit (geweld teen vroue) kom vandag net te maklik. Iewers moet hierdie mans begin pa staan vir hul optrede,” sê De Lange.

Sy het benadruk dis nie ’n rassekwessie nie.

Meer oor:  Steers  |  Wes-Rand  |  Rassisme  |  Sakeman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.