Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jeandré (2) ‘bring elke dag hoop’ ná hartstilstand
Jeandré Victor
Jeandré Victor

Die Bloemfonteinse seuntjie wie se hart stilgestaan het en oorleef het, se ouers sê hulle hoop nie nou vir iets groots nie.

“Want elke dag gee ons hoop. Elke dag is daar iets nuuts wat hy doen.

“Elke klein dingetjie gee ons hoop en krag,” sê Bianca Victor, Jeandré (2) se ma.

Hy het op 29 Januarie wonderbaarlik ’n hartstilstand oorleef nadat Zelna du Preez, sy juffrou by die Saailand-kleuterskool in Bloemfontein, sy hart masseer het totdat die nooddienste opgedaag het.

Op 10 Februarie het hy vir die eerste keer wakker geword en toon daagliks vordering.

Victor sê aangesien hy meer gereeld wakker word, raak hy baie omgekrap as die fisioterapeut opdaag, of selfs as sy doek omgeruil moet word.

“Hy kry dan amper iets soos ’n asma-aanval en dan moet hulle hom weer stabiliseer.”

Volgens die verpleegsters sal dit mettertyd beter raak, want die pype was lank in sy longe en hy moet nog heeltemal herstel.

“Verder gaan ons elke dag ’n treetjie vorentoe. Dankie vir die belangstelling en gebede. Ons kan hom net gemaklik hou en God sal vir die res sorg.”

Jeandré het die vroeër met arbeidsterapie begin en raak volgens Victor kwaad tydens die behandeling, wat ’n goeie teken is.

“Ook traantjies gehad en glo vanoggend geluide gemaak toe hy huil.”

Victor het vroeër gesê die medici het aanvanklik vir hulle gesê Jeandré sou waarskynlik ernstige breinskade oorhou, maar die MRI-toetse het agterna gewys dat die skade minimaal is.

Hy word deur dr. Jaco Neser in die Mediclinic Bloemfontein behandel en moet nog vir minstens ses weke in die waakeenheid wees.

 


Meer oor:  Bloemfontein  |  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.