Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jeremy en sy Jacqui se paaie skei
Jeremy en Jacqui Mansfield in gelukkiger dae.

Die huwelik van die radio-omroeper Jeremy Mansfield (56) en sy vrou, Jacqui (57), is ná 16 jaar op die rotse.

“Ek het nou net die huis verlaat wat ek 19 jaar gelede gekoop het en die hek vir die laaste keer toegemaak. Dit sluit nog ’n hoofstuk in my lewe af. Dit maak ook ’n nuwe een oop vol liefde, aanvaarding en moontlikhede. Groot sug van hartseer aan die een kant en verligting aan die ander,” het Jeremy op Facebook geskryf.

Toe Rapport hom kort tevore vir kommentaar gevra het, het hy gesê hy is in ’n nuwe verhouding en baie gelukkig saam met sy nuwe liefde.

Hy het op Facebook gesê haar naam is Kari, maar hy wou nie meer verklap nie.

Sy is na wat verneem word ’n tennisafrigter en dié verhouding duur glo al ’n jaar.

Die Mansfields het mekaar ontmoet terwyl Jeremy as aanbieder van die oggendprogram The Rude Awakening op Highveld Stereo op die kruin van sy loopbaan was.

Meer oor:  Jeremy Mansfield  |  Egskeiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.