Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jeremy Vearey in hospitaal

“Bid vir hom. Ons het hom nodig.”

Dít was Donderdag die woorde van iemand na aan Jeremy Vearey, voormalige Wes-Kaapse speurhoof, nadat hy met lae suurstofvlakke in die hospitaal opgeneem is.

Jeremy Vearey Foto: Brenton Geach

Vearey (58) en sy vrou is tien dae gelede positief vir die koronavirus getoets en was sedertdien in isolasie.

Hy het Woensdag gesê hy wens die siekte niemand toe nie. “Hoop dat jy dit nooit kry nie.”

Hy het toe al gesê dat hy met sy asemhaling sukkel.

Die bron beweer Vearey het nie meer ’n mediese fonds nie nadat hy deur genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, afgedank is.

Die polisie het hom ná ’n tugverhoor daaraan skuldig bevind dat hy die polisie en Sitole se naam in oneer gebring het in verskeie Facebook-inskrywings wat hy sedert Desember op sy Facebookblad gemaak het.

Vearey het dit ontken.

Die vakbond Popcru het die dispuut oor Vearey se afdanking na die Bedingingsraad vir die Sekerheids- en Veiligheidsbedryf verwys. Dit sal in Julie aangehoor word.

Meer oor:  Jeremy Vearey  |  Covid-19  |  Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.