Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jesse begrawe: Sy ‘was ’n lig vir haar klasmaats’
Jesse Hess se begrafnis was Saterdag. Foto: Facebook

’n Video van Jesse Hess wat dansend in die gang van die Church of the Nazarene afgly terwyl sy ’n liedjie lipsing, het roubeklaers in trane gehad op haar begrafnisdiens in Kaapstad in die gemeente waar die student 90% van haar vrye tyd deurgebring het.

Die eerstejaar-teologiestudent van die Universiteit van Wes-Kaapland en haar oupa, Chris Lategan (85), is verlede Vrydagaand dood in hul woonstel in Victoriastraat, Parow, gevind.

Die bejaarde man is glo vasgebind in die toilet gevind en Jesse is op ’n bed gevind.

’n Lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van hul dood te bepaal.

Hess het daarvan gedroom om ’n predikant te word, het Reinhard Paulsen, ’n lidmaat van die kerk, tydens die diens gesê.

Sy was ’n jeugleier. Sy was voorbeeldig en het nie toegelaat dat enigiemand op haar neersien omdat sy jonger was nie, het hy aan die gemeente gesê.

Dr. Demaine Solomons, wat namens die UWK se departement van godsdiens en teologie gepraat het, sê die 19-jarige was eerste in haar klas.

Sy was bekend daarvoor dat sy moeilike vrae gevra en die grense oorsteek het, het Solomons gesê.

“Jesse was ’n slim jong vrou, wat baie potensiaal getoon het en wat maklik ’n akademikus kon word. Sy het haar akademiese vermoë onselfsugtig met haar medestudente gedeel. Sy is verskeie kere opgemerk waar sy met klein groepies van haar kursus gesit en moeilike konsepte aan hulle verduidelik het,” het hy aan roubeklaers gesê.

“Sy het deernis betoon aan diegene wat ekstra ondersteuning nodig gehad het en was bekend daarvoor dat sy die gees van diegene wat die kursus moeilik gevind het, ondersteun het.”

Solomons sê sy kollegas praat nou oor hoe Hess die lesinglokale met haar positiwiteit en helder glimlag opgehelder het.

“Tussen haar medestudente was sy die lig, die versorger en die een wat die vonk teruggebring het wanneer dinge moeilik geraak het.”

Ure voor haar moord het sy R5 000 in ’n kompetisie op Heart 104.9 FM gewen.

In die gesprek met haar wat oor die radio uitgesaai is, het Hess gesê sy gaan die geld spaar om aan die einde van die jaar iets spesiaal vir haar familie te doen.

Sy het opgewonde en hoopvol geklink omdat sy gewen het en het gesê dat sy haar grootouers en tante, wat haar ingeneem het, kan bederf.

Op haar begrafnis het haar tante, Sandy Hess, gesê sy was bekend daarvoor dat sy baie streng en beskermend teenoor haar niggie was.

“Maar die dag toe ek haar die meeste moes beskerm het, was ek nie daar nie,” het sy gesê.

Hess het roubeklaers gevra om hul familie in hul gebede te hou wanneer hulle Lategan volgende week begrawe.

Die Woensdag voor haar dood het Hess onverwags nie kerk bygewoon nie en gekies om tyd saam met haar ouma deur te bring, het die pastoor in sy preek gesê.

“God het dalk in haar oor gefluister: ‘Dit is amper tyd.’ ”

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die moorde word nog ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Jesse Hess  |  Begrafnis  |  Geweld Teen Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.