Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jo Black: ‘Ek wou pille sluk op 16’

Op 16 het ’n jong Jo Black selfmoord as die enigste uitweg gesien en ’n handvol pille gedrink.

Die Heroes Anonymous-app.

“Ek was eensaam en verwerp. Ek het gedink niemand sal my mis nie en dis genoeg om enige kind te laat knak,” het hy Vrydag aan Rapport vertel. Vandeesweek het Jo en sy broer, Willem Engelbrecht, die selfoon-app Heroes Anonymous bekend gestel om vir kinders sonder hoop ’n uitweg te gee.

“Dit is deel van ons Be that guy/girl-veldtog waardeur ons kinders wil inspireer om goed te wees, goed te doen en in hulself te glo.

“Ek en Willem het albei swaar grootgeword en dit was nog altyd vir ons ’n droom om kinders te help wat deur dieselfde gaan,” sê Jo.

Sy ervaring as pa was ’n bykomende motivering. “My eie kinders word geboelie en ek kan niks daaraan doen nie, want dan word dit erger.”

As ’n skool besluit om die app te gebruik, kan leerlinge en ouers dit aflaai en anonieme wenke daarmee stuur. Enigiets kan daar aangemeld word – van kinders wat fisiek, emosioneel en aanlyn geboelie word tot wanneer ’n ouer byvoorbeeld vermoed sy kind sny homself.

Die data word gestuur na vyf “champions” die skool wat opgelei is om kinders en ouers by te staan. Jo en sy span volg op om seker te maak dit gebeur.

“Ons het die naam Heroes Anonymous gekies omdat jy nié ’n klikbek is nie, maar ’n hero as jy iemand anders help. En dis belangrik om dit anoniem te hou sodat niemand geviktimiseer kan word nie.”

Hy het as kind baie met depressie gesukkel. “Kinders is veronderstel om sorgeloos te lewe. Ek het eers as ouer man besef hoeveel seer ek sou veroorsaak as ek my eie lewe geneem het. Al het ek toe nie so gedink nie, was ek omring deur liefde.”

  • Vir meer inligting oor die app stuur e-pos na info@bethatguy.co.za of besoek die Facebook-blad btg_everydayheroes.
Meer oor:  Jo Black  |  Sanger  |  App  |  Selfdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.