Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jo Black kry dringende nekoperasie

Die sanger Jo Black word Sondag dringend geopereer omdat sy dokters vrees hy kan verlam word as hy ’n stamp kry.

Die sanger Jo Black moet Sondag ’n dringende nekoperasie ondergaan.

Die sanger van die trefferlied “Skepe” sou aanvanklik eers oor twee weke onder die mes beland het, maar sy toestand het só verswak dat die operasie vervroeg is.

Twee van sy nekwerwels het gedisintegreer en druk op ’n senuwee. Dit veroorsaak geweldige pyn en swakheid in sy linkerarm.

Hy was gister reeds in die hospitaal, het Tiaan Newman van Flag­ship Productions, Black se produksiehuis, gesê.

“Hy word rustig gehou. Ons is baie tevrede met die dokters se plan. Daar is ’n gevaar dat sy stembande kan seerkry tydens die operasie aan sy nek, maar ons is vol vertroue dat dit suksesvol sal wees,” sê Newman.

Black het Vrydag op Facebook sy aanhangers verskoning gevra dat hy sy vertonings moes kanselleer. “Op aandrang van my dokter kan ek nie langer die operasie uitstel nie. Ek moet so gou as moontlik geopereer word. My toestand het in die laaste twee weke so verswak dat dit amper onmoontlik word om op die verhoog te staan.

“Ek vra weer eens verskoning aan elkeen wat na een van my shows toe wou kom, as ek dit anders kon hê, sou ek. Baie dankie vir al die gebede, ondersteuning en elke persoon wat saam vertrou dat dié net nog ’n getuienis in wording is. Sien julle binnekort,” het hy geskryf.

Black het in ’n onderhoud aan Huisgenoot gesê sy linkerarm is byna lam en dat hy elke dag handevol pynpille moet drink vir die onhoudbare pyn in sy nek.

Newman sê alternatiewe datums sal vir Black se vertonings gereël word.

Meer oor:  Sanger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.