Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Joburg kry nuwe reddingsvoertuie, noodnommer
So lyk een van die nuwe brandweer -en reddingsvoertuie wat Johannesburg Woensdag gekry. Foto: Twitter/Stad Johannesburg
Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, kyk Woensdag na een van die nuwe brandweer -en reddingsvoertuie wat die stad ontvang het. Foto: Twitter/Stad Johannesburg
Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg (links), en Michael Sun, Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, inspekteer een van die nuwe voertuie. Foto: Twitter/Stad Johannesburg

Johannesburg het Woensdag vyf nuwe brandweer- en reddingsvoertuie gekry en ’n nuwe noodnommer bekend gestel.

Michael Sun, Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het die voertuie saam met Herman Mashaba, burgemeester, en dr. Ntombi Khumalo, burgemeesterskomiteelid van korporatiewe en gedeelde dienste, by die Florida-brandweerstasie in Roodepoort in ontvangs geneem.

Sun sê in ’n verklaring die nuwe 107-noodnommer is die enigste nommer wat inwoners van die stad nodig het in die geval van ’n noodgeval.

Dié nommer is vir sowel die nooddienste as Johannesburg-metropolisie- (JMPD-) noodgevalle.

Die vyf nuwe voertuie sluit twee lugvoertuie in wat gebruik word om brandbestryders se asemhalingstoerusting vol te maak. Dit is noodsaaklike toerusting op ’n brandtoneel.

Voorts is daar twee vlak 2-bevelsvoertuie wat toegerus is met die nuutste tegnologie en toesig-toerusting en ’n voertuig om gevaarlike materiaal te hanteer (hazmat).

Die bevelsvoertuie word as mobiele bevelsentrums gebruik tydens noodgevalle en is verbind aan die departement van openbare veiligheid se geïntegreerde intelligensie-operasionelesentrum (IIOC).

Die vyf voertuie bring die stad se nuwe brandweervoertuie wat tot dusver afgelewer is op 20 te staan en die stad verwag om nog agt brandweervoertuie, waarvan twee industriële pompvoertuie is, teen die einde van die maand in ontvangs te neem.

Sun sê in die verklaring hul pogings om Johannesburg se nooddienste reg te ruk, is besig om vrugte af te werp.

Die 107-nommer is reeds operasioneel en oproepe vir alle noodgevalle sal herlei word na die stad se openbareveiligheidsinbelsentrum.

Die ou noodnommers – 10177 en 011-375-5911 – is steeds in werking en die departement beplan om teen einde Januarie volgende jaar geleidelik na die 107-nommer oor te skakel.

Die Gautengse departement van gesondheid sal ook steeds voortgaan om die 112 en 10177-noodnommers te gebruik.

Meer oor:  Nooddienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.