Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jody Scheckter se dogter sterf ná oordosis
Ila Scheckter se broer, Hugo, het dié foto van sy suster gedeel. Foto: Instagram/ Hugo Scheckter

Die 21-jarige dogter van Jody Scheckter (69), die enigste Formule Een-wêreldkampioen wat Suid-Afrika tot nog toe kon oplewer, het vermoedelik in Engeland aan ’n oordosis dwelms in haar slaap gesterf.

Die Scheckters woon op hul plaas naby Hampshire. Die legendariese F1-kampioen het gesê sy hart is gebreek deur Ila se skielike dood verlede Donderdag, berig Daily Mail.

Hy en Clare, sy vrou, het in ’n verklaring gesê die familie is totaal verpletter. Hulle het Ila, die vyfde van hul ses kinders, beskryf as ’n intelligente jong vrou wat skoon, gesond en gelukkig wou wees. Sy het twee jaar gelede ’n operasie ondergaan om ’n breingewas te verwyder.

“In die maande daarna het sy epilepsie-aanvalle gekry wat tot erge angs en vrees gelei het. Sy het haar vrees vir die aanvalle met dwelms probeer besweer en só die stryd teen dwelms verloor.”

Ila sou juis die volgende oggend vir behandeling vir haar dwelmmisbruik gegaan het.

Twee van haar sibbe, Hugo en Poppy, het boodskappe op Instagram geskryf.

Volgens Hugo sal hulle haar “stoute humorsin” en hul jare van saamsing in die motor mis. Poppy skryf dat haar hart gebreek is oor haar pragtige suster wat so skielik van haar weggeneem is. “Jy was die spesiaalste persoon. Jy was lief vir my wanneer ek geen liefde vir myself gehad het nie. Jy het altyd seker gemaak dat ek oukei is, al was jy self nie oukei nie.”

Meer oor:  Jody Scheckter  |  Ila Scheckter  |  Wêreld  |  Sterfgeval  |  Oordosis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.