Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Joernalis in Sirië se familie ontsteld oor gerugte
Shiraaz Mohamed

Die gesin van die Suid-Afrikaanse fotojoernalis Shiraaz Mohamed is hoogs ontsteld oor gerugte dat ’n organisasie van Kaapstad beweer daar is planne om Mohamed veilig huis toe te bring nadat hy in Sirië verdwyn het.

“Ons ken nie die groep nie. Die feit is dat die groep (Truth Collective South Africa) volgens berigte aanvoer dat hulle saam met die departement van internasionale betrekkinge werk, maar die departement ontken dit,” sê dr. Imtiaz Sooliman, stigter van die hulpverleningsorganisasie Gift of the Givers.

News24 berig Gift of the Givers en die departement het hulself van Truth Collective SA gedistansieer en dat Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement, nie kon bevestig dat daar onderhandelings is om vier rebellevegters vir Mohamed se vryheid te ruil nie.

Mohamed is in Januarie in Sirië ontvoer. Hy het as vryskutfotojoernalis na dié land gegaan om inligting oor die Siriërs se omstandighede te kry.

Gewapende mans het Mohamed na ’n onbekende gebied geneem nadat hulle die konvooi waarin hy en onder andere twee lede van Gift of the Givers op pad na die Turkse grens was om Sirië te verlaat, voorgekeer het. Die twee lede van Gift of the Givers is vrygelaat.

EWN het Vrydagoggend berig Truth Collective SA het onderhandel dat Mohamed vrygelaat word en dat dié organisasie onlangs van ’n 12 dae lange besoek aan Sirië teruggekeer het waar foto’s en videobewyse gekry is dat Mohamed nog leef.

Die radiostasie het ’n direkteur van Truth Collective SA, Bakar al-Maharmeh, aangehaal dat daar geglo word ’n rebellegroep het Mohamed ontvoer om te keer dat hy die land verlaat met foto’s en inligting wat hy in Sirië bymekaargemaak het.

Kgwete het nie sy selfoon beantwoord om verdere kommentaar te lewer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.