Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Joernalis vra verskoning ná hy Malema ’n p*** noem

Die geskorste joernalis wat Julius Malema, EFF-leier, verlede maand in Pretoria agter sy rug ’n p*** genoem het, het Dinsdag verskoning gevra.

Julius Malema, EFF-leier.Foto: Getty Images

Barry Bateman, ’n verslaggewer van Eye Witness News (EWN), het verskoning gevra vir sy optrede op 10 September toe hy – pas nadat Malema die media te woord gestaan het – die gewraakte woord geuiter het.

Hy is betrap op kamera toe Malema wegstap en hy dit onderlangs gemompel het. Die beeldmateriaal is daarna wyd op sosiale media gedeel.

Bateman het Malema, asook alle Suid-Afrikaners, alle vroue, sy werkgewer en enigiemand wat hy met dié “afbrekende woord” aanstoot gegee het, verskoning gevra.

Hoewel hy in sy verklaring sê dat die voorval in ’n “hoogs gespanne atmosfeer” plaasgevind het, gee hy toe dat dít geen verskoning vir sy gedrag is nie. “My optrede is onverdedigbaar.”

Hy sê in sy verklaring dat hy toegewyd is tot die gedragskode van joernalistiek, wat tot Suid-Afrika se demokrasie bydra.

“My uitlatings is strydig met my maatskappy se waardes en kan sy belangrike rol in die bevordering van gendergelykheid, sy bydrae tot die land se stryd teen geweld teen vroue en sy rol in die bou van vertroue as ’n etiese mediahuis ondermyn,” lui sy verklaring.

“Ek onderneem om dié verskoning op al my sosialemediaplatforms, insluitend Twitter, te publiseer. Ek stem in dat Primedia (wat EWN bedryf) my verskoning op al sy platforms publiseer en navrae in verband met my verskoning mag beantwoord.”

’n Skermgreep van Barry Bateman se twiet wat hy Dinsdagoggend op Twitter gedeel het. Foto: Skermgreep

Bateman sê hy sal gedurende sy skorsing van een maand gedurende Oktober oor sy gedrag besin.

Die EFF het EWN se verskoning in dié verband in September verwerp omdat hy dit as “louwarm” beskou het.

Meer oor:  Julius Malema  |  Barry Bateman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.