Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Joernaliste betoog by SAUK in Kimberley
Joernaliste van die SAUK, ‘Volksblad’, ‘Noordkaap’, ‘Northern Cape Express’ en die ‘Diamond Fields Advertiser’ (DFA) Vrydagoggend voor die SAUK se gebou in Kimberley. Foto: Charné Kemp
Noord-Kaapse verslaggewers van die SAUK, ‘Volksblad’, ‘Noordkaap’, ‘Northern Cape Express’ en die ‘Diamond Fields Advertiser’ (DFA) Vrydagoggend voor die SAUK se gebou in Kimberley waar hulle teen sensuur by die nasionale uitsaaier betoog het. Foto: Charné Kemp
Nee vir sensuur. Joernaliste van die SAUK, ‘Volksblad’, ‘Noordkaap’, ‘Northern Cape Express’ en die ‘Diamond Fields Advertiser’ (DFA) Vrydagoggend voor die SAUK se gebou in Kimberley. Foto: Charné Kemp

Joernaliste het Vrydagoggend in Kimberley voor die SAUK-gebou betoog teen sensuur en in broederskap met hul geskorste kollegas.

Dit volg op Vrydag se tugverhore van ses SAUK-joernaliste in Aucklandpark, Johannesburg, wat hulle na bewering sou verset het teen opdragte om betogings buite die uitsaaier se hoofkantoor te ignoreer.

Noord-Kaapse joernaliste en fotograwe van die SAUK, Volksblad, Noordkaap, Northern Cape Express en die Diamond Fields Advertiser (DFA) het vroegoggend plakkate voor die SAUK se gebou in Georgestraat omhoog gehou.

Dit is nodig dat alle joernaliste hul kollegas by die SAUK bystaan.
Adriaan Basson, woordvoerder van Sanef

Met hulle lippe toegeplak met swart maskeerband, sê hulle op die plakkate waaroor hulle betoog: vir hul reg om te skryf, dat sensuur nie in hul naam gepleeg mag word nie, en dat joernaliste regte en verantwoordelikhede het.

Die betoging was vreedsaam, hoewel twee SAUK-sekuriteitswagte koeëlvaste baadjies voor die sowat 14 joernaliste aangetrek het. Twee polisievoertuie het ook voor die joernaliste verby gery. Sekuriteitswagte wat by die ANC se hoofkantoor in die stad werk, het ook kom kyk wat aangaan.

Adriaan Basson met sy plakkaat

Adriaan Basson, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef), het in Kaapstad gesê dit is nodig dat alle joernaliste hul kollegas by die SAUK bystaan.

Hy het ’n plakkaat met die woorde “Sit dit af!” vasgehou en gesê dit is ongehoord dat een persoon – Hlaudi Motsoeneng, SAUK-bedryfshoof – die openbare uitsaaier se beleid bepaal.

’n Optog van joernaliste het ook van die SAUK se hoofkantoor in Johannesburg na Constitution Hill beweeg. Dié optog het in stilte plaasgevind, wat verbreek sou word by Constitution Hill waar SAUK-werknemers die optoggangers sou toespreek.

Die stille protes is in reaksie teen Motsoeneng se boodskap aan SAUK-joernaliste dat hulle sy instruksies moet volg.

Hy het vroeër opdrag gegee dat SAUK-nuusspanne nie gewelddadige betogings mag opneem of uitsaai nie.

Foeta Krige, Monitor en Spektrum se uitvoerende regisseur, die joernalis Suna Venter en die sakeredakteur, Thandeka Gqubule, is geskors nadat hulle onder meer beswaar gemaak het teen sensuur in nuusprogramme.

Busi Ntuli, uitvoerende vervaardiger van Special Assignment, Krivani Pillay, uitvoerende vervaardiger van SAfm se aktuele programme, en Jacques Steenkamp, senior ondersoekende joernalis, het in ’n brief geskryf nuuskantore in die SAUK ly onder hulpeloosheid en word deur die publiek gespot en gekritiseer.

Jimi Matthews, waarnemende uitvoerende hoof van die SAUK, het bedank en gesê hy kan nie meer in die onuithoudbare atmosfeer van die SAUK werk nie.

Meer oor:  Adriaan Basson  |  Foeta Krige  |  Sauk  |  Joernaliste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.