Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Joernaliste gaan BLF in hof pak

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) gaan aansoek doen om ’n interdik teen Black First Land First (BLF) omdat hulle nie die eise in Sanef se prokureursbrief nagekom het nie.

“Ons gaan voort met ’n interdikaansoek,” sê Adriaan Basson, mediavryheidsvoorsitter van Sanef.

Adriaan Basson. Foto: Leon Sadiki

BLF sê op hul webwerf dat hulle “nou eers opwarm” en dat Sanef se “dreigemente” om ’n interdik te kry “ ’n grap” is.

“BLF sal nie sy oorlog teen rassisme en wit korrupsie stop in opdrag van ’n askari-organisasie soos Sanef nie.”

Askari’s was die naam vir swart politieke aktiviste wat voor 1994 vir die destydse Suid-Afrikaanse polisiediens gewerk het.

Die BLF het Vrydag in ’n verklaring op hul webwerf die name van joernaliste geplaas wat hulle gaan “teiken”, want hulle kan nie “rassisme, laster, fopnuus en die beskerming van wit korrupsie onder die dekmantel van joernalistiek duld nie”.

Sanef het daarna in ’n prokureursbrief aan BLF gesê hulle gaan regstappe doen indien die organisasie nie teen Saterdagmiddag met dié dreigemente ophou nie.

Die organisasie het Saterdag weer op hul webwerf gedreig om voort te gaan met betogings by die huise én godsdienssentrums van die “rassistiese joernaliste” op hul lys indien dié joernaliste nie “ophou met hul rassistiese optrede nie”.

BLF dreig selfs om voor Sanef se prokureurs te betoog.

Max du Preez

“Ons bly by ons eis dat die wit prokureurs wat bekend is as rassiste, net soos Peter Bruce, voortaan moet onderneem om op te hou om rassisme te bevorder en wit korrupsie toe te smeer,” lui die inskrywing.

Die joernaliste op hul lys sluit in Peter Bruce, hoofredakteur van Business Day, Sam Sole van ama­Bhungane, Adriaan Basson, redakteur van News24, Stephen Grootes, politieke joernalis van EWN, Max du Preez, politieke joernalis en kommentator, Barry Bateman, joernalis van EWN en Alec Hogg, sakejoernalis.

“Ons sal hierdie lys van wit rassiste op datum bring met nog mense wat hulself as joernaliste voordoen ter verdediging van wit monopoliekapitaal.”

Ferial Haffajee, Karima Brown en Eusebius McKaiser is beskryf as “swart joernaliste wat die agente van wit monopoliekapitaal naboots” en hul “askari-neigings” moet stop.

Meer oor:  Blf  |  Sanef  |  Peter Bruce  |  Alec Hogg  |  Max Du Preez  |  Stephen Grootes  |  Adriaan Basson  |  Interdik  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.