Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Johan de Jonge en gesin lê laag na dáái Bokke-video

Met die terugkeer van die seëvierende Springbokke Dinsdag ná hul Wêreldbeker-glorie probeer een Suid-Afrikaner ’n lae profiel handhaaf.

Johan de Jonge, die uitgesproke Suid-Afrikaanse All Black-ondersteuner en hewige kritikus van die Springbokke, wou nie Dinsdag met die media praat nie. Verskeie oproepe deur Netwerk24 na De Jonge se werkplek en versoeke om kommentaar oor die Bokke se sege, het op dowe ore geval. Sy vrou, Martie, het wel in ’n onderhoud met die radiostasie Jacaranda FM erken die gesin handhaaf ’n lae profiel.

In die onderhoud sê Martie Johan het in sy video die Springbokke en hul ondersteuners gekritiseer, maar “dinge het nou te ver gegaan”.

“Ons gesin is genoeg geteister, geboelie en uitgehaal op sosiale media,” meen Martie.

Selfs haar kinders word by die skool geboelie.

Hy klim ook onder Springbok-ondersteuners in en voorspel: “Julle spul sal nie geseën word met ’n Wêreldbeker nie!”

In De Jonge se video, wat menige Suid-Afrikaners rooi laat sien het, vra hy met ’n sarkastiese glimlaggie aan die Springbokke wat skeefgeloop het nadat Nieu-Seeland Suid-Afrika in hul eerste wedstryd in die wêreldbekertoernooi geklop het.

Hy klim ook onder Springbok-ondersteuners in en voorspel: “Julle spul sal nie geseën word met ’n Wêreldbeker nie!”

Dit het nie goed afgegaan op sosiale media nie en hy is uitgekryt as “ ’n verraaier”, “ ’n lafaard” en “k*k-prater”.

Nadat Nieu-Seeland in die halfeindstryd deur Engeland uitgeskakel is, en Suid-Afrika wel na die eindstryd deurgedring het, word hy goed gespot.

Twee meisies van Centurion, Gauteng, Ruzanne Burger (9) en haar sussie, Amoré (4), het met die hulp van hul ma, Belinda, “gepaste kommentaar” op De Jonge se uitlatings gelewer. Die meisies se ma het 'n video van hul kwinkslae, wat grepe uit De Jonge se video ook bevat, op sosiale media geplaas.

Volgens Martie is hulle nie die enigste All Black-ondersteuners wat in Suid-Afrika woon nie. “Weet jy wat, hulle het nou die wêreldbeker gewen. Nes soos julle ondersteun ons ook ’n span – so los ons asseblief net uit,” vra sy in die onderhoud.

Meer oor:  Johan De Jonge  |  Bokke  |  Springbokke  |  Rugby  |  Bokke-Video  |  Wêreldbeker-Glorie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.