Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Johannesburg-metro wil leë fabrieke as blyplekke inrig

Die Johannesburg-metro gaan fabrieksgeboue wat leeg staan in woonplek omskep as deel van projek om laekostebehuising te verskaf.

Die Johannesburg-metro gaan leë fabrieksgeboue in woonplek omskep as deel van ’n projek om laekostebehuising te verskaf. Foto: Werner Beukes/SAPA

Altesame 16 sulke geboue is reeds naby die Alexandra- informele nedersetting geïdentifiseer. Daar is ook soortgelyke benutbare geboue in onder meer Kew, Devland, Rabie Ridge, Doornfontein, Booysens en Nancefield.

“Die metro is besig om ’n voorstel te formuleer wat in Augustus aan die raad voorgelê sal word sodat die wetsproses om dié eiendomme as verlate te verklaar en dit te onteien aan die gang gesit kan word,” het Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, Sondag in ’n verklaring gesê.

Volgens Mashaba is die uitgangspunt dat die geboue verlate is, die eienaars nie opgespoor kan word nie en die geld wat op die eiendomme geskuld word, hul waarde oorskry.

Die geboue sal aan die private sektor beskikbaar gestel word as die voorstel aanvaar word.

Die metro wil onder meer in die 2019-’20-boekjaar 2 000 HOP-huise en 10 informele nedersettings verbeter.

“Ons inwoners kan nie wag vir eendag wanneer nuwe stede opgerig word nie. Ons veelpartyregering moet daarop fokus om die bestaande stad te herstel en om verwaarloosde gebiede te benut sodat ons omgewing gemoderniseer kan word en dit beleggings kan lok, nuwe werksgeleenthede kan skep en behuising kan verskaf aan diegene wat dit die nodigste het,” sê Mashaba.

Meer oor:  Johannesburg-Metro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.