Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nampo: John Deere-vroue los mans by die huis

Die John Deere-vroue van die Karoo het hul mans vanjaar by die huis gelos om die grootste landbouskou in die land by te woon.

Met hul jeans, John Deere-hemde, Cat-strooihoede en donkerbrille trek die opgeruimde vroue oral aandag tussen die skares.

Die John Deere-meisies van die Karoo. Dit is hoe hierdie groep boervroue van verskillende Karoo-dorpe wat saam Nampo besoek, na hulself verwys. Van links is Erika Marais van Victoria-Wes, Annamie Kirsten van Graaff-Reinet, Elana Grobler van Murraysburg, Elizma Steenkamp van Drie Susters en Ancha de Bruyn van Victoria-Wes. Foto: Charles Smith

Erika Marais van Victoria-Wes, Annamie Kirsten van Graaff-Reinet, Elana Grobler van Murraysburg, Elizma Steenkamp van Drie Susters en Ancha de Bruyn, ook van Victoria-Wes, geniet Nampo terdeë.

“Ons kom van die Karoo af. My man het ’n John Deere-trekker, maar ons boer met goed wat bo-op die grond loop, nie onder die grond nie,” het Marais haar verbintenis met die streek en die bekende groen landbouvervaardiger verduidelik.

Haar man, Henk, is ’n angorabok-boer en sy bedryf die Desert Dew-gastehuis op die plaas langs die N1-hoofweg. Maar vandeesweek “kuier en shop” hulle.

“My man doen net John Deere,” vertel Kirsten waar die vroue voor ’n John Deere-stroper van R12 miljoen vir foto’s reggestaan het.

Haar man, Stephan, boer met angorabokke en meatmaster-skape.

“By Nampo is ek ’n John Deere-girl,” het De Bruyn beaam.

Sy is die bestuurder van Karoo Vleisboer in Victoria-Wes en haar man, Jaco, boer met merinoskape, Sussex-beeste en saalperde.

Steenkamp se man, Piet, boer weer met dorpers en Grobler se man, Boeta, met angorabokke, en merino- en dorper-skape.

Die John Deere-meisies van die Karoo elkeen met 'n John Deere-hemp op 'n John Deere-stroper op Nampo. Van links is Elizma Steenkamp van Drie Susters, Erika Marais van Victoria-Wes, Annamie Kirsten van Graaff-Reinet, Elana Grobler van Murraysburg en Ancha de Bruyn van Victoria-Wes.Foto: Charles Smith

Marais sê hulle het besluit om vrou-alleen Nampo toe te kom omdat hul mans elke jaar Bothaville toe gery het sonder om hulle saam te nooi.

“Hulle het dit vir ses jaar gedoen, toe besluit ons ons gaan op ons eie. Verlede jaar is hulle uitgenooi deur Absa en moes in tente slaap. Toe was dit baie sleg en baie koud en hulle moes ver stap om toilet toe te gaan.

“Toe besluit ons ons wil op ons eie gaan en luuks gaan bly,” vertel sy.

“Ons is nou so mal daaroor, dat ons spyt is ons het dit nie ses jaar terug gedoen nie.”

Sy sê hulle sien nou waarvan hul mans altyd hou en waar hulle hul idees en raad vir die boerderye kry.

Oor die naam “Die John Deere-meisies van die Karoo” sê Marais hulle het besluit om ’n statement te maak.

“Ons hou van John Deere en hulle het flippen cool klere. Ons is almal saam sodat die mense kan sien ons hou van John Deere.”

De Bruyn sê hulle kuier lekker saam en saans eet hulle vyfster-etes in hul gastehuis.

Meer oor:  Bothaville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.