Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jong boer tuis 50 dae ná hy erg brand

Tewie Nel (28), wat sedert 20 Oktober vir derde- en tweedegraadse brandwonde behandel word nadat hy die veldbrand in die Hertzogville-omgewing help blus het, is uit die hospitaal ontslaan.

Hy is in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein behandel en moes ’n veloorplanting kry omdat 40% van sy lyf, en selfs sy neus, sonder vel weens die vlamme is.

Sowat 100 000 ha is in die veldbrande by Hertzogville, Boshof en Dealesville verwoes.

Gerhard, sy pa, sê Nel se gemoed het handomkeer verander sedert hy Maandag terug is by hul huis op die plaas naby Hertzogville.

“Dis baie, baie lekker om hom terug te hê. Dis ’n ander kind; sy gemoed het baie opgetel.”

Hy sê hoewel daar “klein dele” is wat “nie gevat het” nie, was die veloorplanting ’n sukses en sal hulle in die herstelproses vir Nel dophou om te kyk of dit nodig sal wees vir ’n opvolgbehandeling.

Hulle beplan om die feestyd net op die plaas te wees, om Nel te beskerm teen enige blootstelling.

Sedert die voorval en sy hospitaalopname het daar baie ondersteuning vir Nel deur sosiale media ingestroom met mense wat vir genesing bid en vra oor sy herstelproses.

Alta de Beer het op die Facebook-blad Farmer’s Lives Matter SA geskryf Nel is die dapperste mens ooit.

“Jy het jou lewe op die spel met die brande in die Vrystaat geplaas. Jy was byna 50 dae in die hospitaal. Nou is jy uiteindelik huis toe. Wat ’n awesome God dien ons. Hou vas aan God se Hand. Hy sal jou nie los nie. Dankie Here dat Tewie huis toe kon gaan. Tewie, daar is nog baie werk aan jou, maar jy is sterk en sal deurdruk. Weet dat daar mense is wat jou opdra in hul gebede. Welkom tuis, boeta.”

Meer oor:  Tewie Nel  |  Hertzogville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.