Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jong fotograaf sterf in motorongeluk

Sy was haar deurmekaar, kaalvoet-, sonneblomkind met die vrye gees, sê Karen Weeks wie se dogter, Megan Marshall (22), Sondagmiddag in ’n motorongeluk dood is.

Megan, ’n fotograaf, het Sondag uit Klerksdorp gery om vir haar kêrel, Lleuwellyn Bidlingmaier, in Kroonstad te gaan kuier. Sy het nooit by hom uitgekom nie en ’n boer wat tussen Kroonstad en Bothaville bly, het Sondagmiddag op die ongelukstoneel afgekom.

Dit was ’n skok om te hoor sy is dood, want sy sou dalk nie ry nie. Dit was ’n mooi, reguit pad en ons glo ’n band het gebars en sy het beheer oor haar karretjie verloor. Sy is vermoedelik uitgeslinger, want sy het ’n ent van die motor gelê,” sê Weeks.

Megan Marshall (22) is Sondag in ’n motorongeluk dood.Foto: Verskaf
Megan Marshall (22) het ’n laseronderneming bedryf en was ook ’n fotograaf in Klerksdorp.Foto: Verskaf

Megan se pa, Leonard Marshall, het haar op die toneel uitgeken.

“Haar pa sê sy het rustig gelyk, amper asof sy glimlag,” sê Weeks.

Weeks sê Bidlingmaier was haar dogter se eerste kêrel. Die twee het op 7 Desember hul verhouding op Facebook bekend gemaak.

Megan het in matriek ’n lasermasjien saam met haar pa gekoop en haar deel afbetaal. Sy het vir ’n inkomste ontwerpe uit hout gesny.

Die onderneming het as Red Riding Wood bekend gestaan terwyl haar fotografie-onderneming Wolf se Lens was.

“Sy kon baie emosioneel wees; sy het baie keer gesê sy wil nie sonder my wees nie, nou is ek sonder haar,” vertel Weeks.

Sy sê Megan, of Meggie, soos die familie haar genoem het, het ’n kunstenaarsiel gehad en was met haar wilde bos rooi hare ’n sonskynmens.

Die familie het besluit om Megan in haar geliefde sonneblomrokkie te veras.

“Ons gaan twee bome, ’n suurlemoen- en ’n lemmetjieboom, op haar as plant.

“Ons sal wanneer die inperkings opgehef is, vir haar ’n after tears-partytjie hou. Sy was ’n sonskynmens. Ek berus my daarin dat my sonneblomkind weg is.”

Weeks sê almal het gedink hulle gaan haar pa, Wally Weeks, wat al 74 is, begrawe, maar toe kom haal die Here vir Megan.

“Ek moes vir oupa Wally die slegte nuus in die hospitaal gee dat sy weg is.”

Meer oor:  Sterf  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.