Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jong heelagter deel van o.19- én o.21-wenspan

’n Heelagter van die Blou Bulle het vanjaar twee keer rugbyglorie gesmaak – met die Pretorianers se sege in die Suid-Afrikaanse o.21-kampioenskap én as deel van die wenspan in die Suid-Afrikaanse o.19-kampioenskap.

Die beskeie Richard Kriel (19), ’n oudleerling van Grey-kollege in Bloemfontein, was deel van die Blou Bul-span wat Saterdag as die wenner van die o.19-kampioenskap gekroon is nadat die span die Westelike Provinsie met 32-24 geklop het.

Gerhard Kriel saam met sy twee seuns, Richard en David, ná die o.21-eidstryd in die Vrystaat-stadion. Foto: Gerhard Kriel/Facebook
Richard Kriel nadat die Blou Bulle die o.19-eindstryd gewen het. Foto: Blue Bulls/Facebook

Dit nadat hy deel was van die span wat die Streeptruie ook vroeër vanjaar in die eindstryd van die o.21-kampioenskap verslaan het.

Richard het toe in die Vrystaat-stadion teen sy ouer broer,

David, heelagter van die WP, te staan gekom.

Volgens Richard was dit ’n groot eer en voorreg om in albei kampioenskappe te speel.

“My doel was om net een wedstryd te speel en te wen, maar twee eindstryde en boonop twee seges is beslis ’n bonus en ’n ongelooflike gevoel.”

Hy het sy spanmaats en vriende vir hul ondersteuning bedank.

Sy raad aan jong rugbyspelers is om altyd hard te werk, nooit moed te verloor nie en in hulself te glo.

“Ek weet dit word baie gesê, maar dit is die waarheid.”

Gerhard Kriel, Richard en David se pa, sê as gesin is hulle baie trots en dankbaar dat Richard die geleentheid gehad het om in albei eindstryde te speel.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/bfn-pa-trots-op-sy-2-heelagters-in-o21-eindstryd-20190906

Meer oor:  Richard Kriel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.