Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jong held red brandende man uit bakkie

  • Hierdie berig is aangepas om die naam van die slagoffer, Guy Venter, te reflekteer. Die verkeerde naam is vroeër aan Netwerk24 verskaf.


“Ek moet hom help. Ek kan dit doen,” was Duan Bezuidenhout (19) se laaste gedagtes voordat hy ’n brandende Guy Venter (45) op sy bakkie te hulp gesnel het.

“Al waaraan ek op daardie oomblik gedink het, was om so gou moontlik daar in te kom en hom daar uit te kry.”

Dié dapper jong man is al vier jaar betrokke by Sinoville se brandbestrydingsvereniging (SBBV).

Brandbestryders uit verskillende oorde het gereageer op ’n oproep van die tweede brand in een week in die Dinokeng-wildreservaat naby Hammanskraal in Gauteng.

Die 19-jarige Duan Bezuidenhout.Foto: MURRAY LOUW

“Ons het eers net een voertuig gevat om te gaan kyk hoe dit daar lyk, want dis ’n ent se ry,” vertel Bezuidenhout.

Die brandbestryders het solank op ’n punt begin blus, toe daar nog bestryders bykom.

“Die ander persoon (in ’n tweede bakkie) vra toe of ek saam met hom kan ry, dan spuit ek die vlamme en hy hanteer die pomp.”

Terwyl die twee die brand probeer blus het, het Venter en ’n plaaswerker glo in Venter se bakkie daar aangekom.

“Daar was ’n gedeelte wat reeds gebrand het en ’n paadjie langs die gebrande deel. Meyer het in die paadjie stilgehou om sy pomp aan die gang te kry toe die wind vieslik draai.”

Volgens Bezuidenhout was Venter se bakkie in lyn met die vuur, maar “op ’n veilige afstand”.

Die vuur het van rigting verander en was binne sekondes “oor hom en sy bakkie”. “Hy het self ook aan die brand geraak.”

Ons het onmiddellik sy klere afgesny en Burnshield opgesit om die wonde steriel te hou,” sê Britz. ’n Vuur is baie onvoorspelbaar. Hy ontwikkel sy eie wind. Hy trek suurstof in.

Bezuidenhout het Venter gaan help en hom uit die vlamme getrek. Die plaaswerker was nie op die bakkie nie en kon die vlamme vryspring. Bezuidenhout is toe terug in die vlamme in om Venter se bakkie te verwyder.

Rynhardt Britz, ’n gekwalifiseerde brandweerman en paramedikus, het die boodskap gekry om te kom help “omdat iemand gebrand het”. Arrie Nel, ’n mediese beampte, was ook op die toneel.

“Ons het onmiddellik sy klere afgesny en Burnshield opgesit om die wonde steriel te hou,” sê Britz.

“ ’n Vuur is baie onvoorspelbaar. Hy ontwikkel sy eie wind. Hy trek suurstof in,” sê Bezuidenhout.

“Die wind kan in een rigting waai, en die vlamme kan in ’n ander rigting beweeg. Natuurlik is dit gevaarliker as die brand en wind in dieselfde rigting beweeg – dis wat hier gebeur het,” verduidelik hy.

Die 19-jarige Duan Bezuidenhout (regs) en Rynhardt Britz wat ’n man uit ’n weghol-veldbrand gered het. Foto: MURRAY LOUW

Venter, wat ’n huis op die reservaat het, het 65% brandwonde opgedoen en is per helikopter na die Unitas-hospitaal in Centurion gebring.

Volgens André van Heerden, die voorsitter van die Fire Protection Association in Cullinan, wat ook op die toneel was, was Venter in ’n skoktoestand, maar nog by sy bewussyn toe die nooddienste by hom uitkom.

“Venter is nou (Vrydag) stabiel, maar hy het tweede- en derdegraadse brandwonde opgedoen, sê Van Heerden.

250 tot 400 ha van bewaringsgebied is na raming verwoes.

JP Botha, die voorsitter van die SBVV, sê die oorsaak van die brand word toegeskryf aan ’n man wat glo met ’n hoekslyper yster gesny het.

* Só help jy die brandweer in ’n huisbrand

Volgens JP Botha, die voorsitter van die SBBV, kan jou optrede die brandweer se werk vergemaklik. Hy self het al sowat 400 brande help blus.

Voor ’n brand in jou huis uitbreek:

  • Weet waar is jou naaste brandkraan
  • Maak seker die rubberringe in die brandkraan is in ’n goeie toestand. Indien nie, bel die brandweer om die kraan te kom herstel.
  • Hou altyd Burnshiel in jou noodhulptas, in die motor of by die huis

Tydens ’n brand

  • ’n Brand in ’n vertrek kan binne 3 minute ’n temperatuur van tot 1 000 °C bereik. Beweeg na die muur en sak so laag moontlik af. Plaas iets oor jou mond dat jy nie rook inasem nie. Kruip dan op jou vuiste deur toe om jou vingers te beskerm.
  • Voel eers of die deur of deurknop warm is voordat jy dit oopmaak. Kyk ook of daar rook onderdeur die deur kom. As dit só is, moenie die deur oopmaak nie, want daar is ’n kans dat daar ’n brand aan die ander kant is wat in jou rigting kan ontplof wanneer jy die deur oopmaak en die vlamme aan suurstof blootgestel word.
  • Probeer die vensters en deure van ’n vertrek wat brand, toe hou. Deur ’n brandende voorwerp te probeer verwyder, steek jy dalk die res van die huis aan die brand.
  • Wanneer jy die brandweer ontbied, maak seker jy kan die adres gee van die plek wat brand.
  • Moenie die telefoon neersit nie. Bly op die lyn of gee die telefoonnommer waarop die brandweer jou kan terugbel.
  • Maak jou bure wakker as jou huis in die nag begin brand.
  • Sit jou sproeiers aan en haal solank tuinslange uit waar moontlik.


Meer oor:  Duan Bezuidenhout  |  Dinokeng  |  Greg Meyer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.