Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jong Kaapse kobra al te knus in toiletsakkie
De jong Kaapse kobra wat so nou en dan buite die toiletsakkie rondbeweeg het. Foto: Verskaf

“Dit was toe nie een van my kêrel se skeermesse nie. Dit het my heeltemal uit die veld geslaan.”

So beskryf Marieta Rust van die Boschenmeer-gholflandgoed in die Paarl haar ervaring Donderdagmiddag toe sy ’n jong Kaapse kobra van sowat 40 cm in haar kêrel se toiletsakkie gesien het.

Rust sê sy was vroeër die dag uit om te gaan inkopies doen en het omstreeks 14:00 teruggekom by die huis.

“Die slaapkamerdeur wat na die stoep lei, was effens oop. Ek vermoed dis waar hy ingeglip het. Toe ek van die winkels af kom, het ek by dié slaapkamer ingegaan. Ek het verby die en suite-badkamer gestap en ’n beweging uit die hoek van my oog gesien.”

Rust sê sy het ’n tree agteruit gegee en toe die slang by die sakkie sien uitloer.

“Ek het ’n rukkie daar gestaan en sy bewegings dopgehou. Hy het na die wasbak beweeg en dan weer terug na die sakkie. Hy het ook op ’n kol na die handdoekreling beweeg, maar dan net weer na die wasbak en die toiletsakkie terugbeweeg.”

Rust sê dit was vir haar vreeslik interessant dat die slang net daar by die toiletsakkie en die wasbak wil wees.

“Ek het toe my kêrel gebel en gefluister dat daar ’n slang in die badkamer is. Hy het toe ’n slangvanger ontbied.”

Eduanne Niemand, ’n professionele slangvanger in die Boland, sê dat slange nou volop is.

• Wat om te doen as jy op ’n slang afkom: Staan minstens 4 m weg, bel ’n professionele slangvanger, probeer dophou waarheen die slang seil en maak alle deure toe totdat die slangvanger opdaag.

Die jong Kaapse kobra se kop steek by die toiletsakkie uit. Foto: Verskaf

Meer oor:  Marieta Rust  |  Kaapse Kobra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.