Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jong kreatiewe skrywers gesoek

“Skrywers word hier gebore.”

So sê Lee Badenhorst oor Beeld se kreatiewe-skryf-kompetisie.

Badenhorst, ’n Afrikaans-vakonderwyser en voormalige vakadviseur, eksaminator en moderator vir Afrikaans by die Gautengse onderwysdepartement, is vir die tweede keer ’n beoordelaar. Verlede jaar het sy deur meer as 1 000 inskrywings gewerk en sê sy is opgewonde om weer betrokke te wees. “Ek het dit so geniet om die kinders se werk te lees. Daar is kinders wat ongelooflik talentvol is en wat so goed skryf.”

Badenhorst moedig alle voornemende skrywers aan om die geleentheid aan te gryp, in te skryf vir die kompetisie en só blootstelling vir hul harde werk te kry.

Die kategorieë van die skryfkompetisie is Hoërskole Afrikaans Huistaal, Laerskole Afrikaans Huistaal en Hoërskole Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

Poësie, verhalende, beskrywende, argumenterende en bespiegelende opstelle kan vir wenners tot R3 000 in die sak besorg. Naaswenners in elke kategorie wen R2 000 en dié in die derde plekke kry R1 000 elk. Boonop kry die onderwysers van die wenners ook dié kontantpryse wat deur die Noordwes-Universiteit moontlik gemaak is. Daar is ook kursusse van Multidimensions op die spel.

Augusta Jordaan, voormalige Afrikaans-departementshoof, nasiener en moderator van matriekvraestelle en skrywer van handboeke, is ook ’n beoordelaar en het goeie raad vir skoolskrywers.

“Dit moenie ’n doelbewuste mooiskryf-poging wees nie. Daarmee bedoel ek die gebruik van vreeslik intensiewe vorme en oordrewe byvoeglike naamwoorde. Hulle moet kreatief wees en kan nuutskeppings gebruik, maar dit moenie oordoen word nie.”

Leerlinge moet hul skryfwerk voor 25 September na skool@ebeeldskool.co.za stuur.

Skryfwerk wat tussen Januarie en September 2020 geskryf is, kom in aanmerking vir die pryse.

Meer oor:  Jong  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.