Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jong man dood ná tref-en-trap-ongeluk
Ruan Vogel (24) is Vrydagaand buite 'n kuierplek in Parys deur 'n bakkie omgery en is Saterdagaand in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein aan sy beserings dood. Foto: Facebook

Die inwoner van Parys wat Vrydagaand in ’n tref-en-trap-ongeluk buite ’n kuierplek op die dorp ernstige breinbeserings opdoen het, is dood.

Ruan Voges (24) het daarin geslaag om sy neef Morné Myburgh betyds uit die pad te stamp, maar is toe self getref deur ’n bakkie wat weggery het. Dit het buite die kuierplek Flamingo’s gebeur.

Ruan het ernstige breinbeserings opgedoen en is na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas, waar hy Saterdagaand dood is.

Sy gesin is ontsteld omdat die hospitaal wou hê die masjiene wat hom aan die lewe gehou het, moes afgeskakel word “omdat die hospitaal die bed vir ander pasiënte wou gebruik”.

Die gesondheidsdepartement sê protokol is gevolg en die regte besluit is geneem.

Ronnie Voges, Ruan se pa, sê ’n dokter het aan die familie gesê sy seun se beserings is van so ’n aard dat hy nie sal herstel nie en dat die toestelle wat hom aan die lewe hou afgeskakel gaan word omdat die bed vir ander pasiënte benodig word.

Voges het ’n prokureursvriend geraadpleeg wat aan hom gesê het hy moet ’n vorm onderteken om toestemming te gee dat die dokters die masjiene mag afskakel.

“Die dokter het niks gesê van ’n vorm nie. Hy het net gesê dit is die hospitaal se beleid as ’n pasiënt se toestand so swak is.”

Sy gesin is ontsteld omdat die hospitaal wou hê die masjiene wat hom aan die lewe gehou het, moes afgeskakel word “omdat die hospitaal die bed vir ander pasiënte wou gebruik”.

Voges het geweier om toestemming te gee en die masjiene is toe nié afgeskakel nie.

Ruan is later die aand oorlede.

Die familie het Sondag gesê hulle wag nog op die uitslag van die lykskouing.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, sê ’n multidissiplinêre span van die hospitaal se hoësorgeenheid het ’n deurdagte besluit geneem ná behoorlike konsultasie.

“Die feit dat die pasiënt se toestand verswak het toe hy aan ’n ventilator gekoppel is, is ’n bewys dat die span die beste besluit geneem het.”

Mvambi sê die besluit is met die familie bespreek, maar hulle het dit verwerp.

Ruan en Morné het Vrydagaand Breëstraat buite Flamingo’s oorgesteek toe ’n bakkie, vermoedelik ’n grys of silwer Ford Bantam of Opel Corsa aangejaag gekom het.

Ruan het Morné uit die pad gestamp, maar is toe deur die bakkie getref. Die bestuurder het nie stilgehou nie.

Elzette Vorster, Ruan se suster, is dringend op soek na ooggetuies wat inligting kan gee oor die bakkie en sy bestuurder.

Meer oor:  Parys  |  Padsterfte  |  Tref-En-Trap-Ongeluk  |  Kuierplek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.