Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jong man omskep swaarkry in ’n geleentheid
Chris Junior Potgieter
Chris Junior Potgieter in een van sy eie uitrustings. Foto: Verskaf

Baie tienerseuns se grootste bekommernis is hoeveel baardhare hulle al het en hul grootste fantasie is om ’n motor te hê.

Maar nie Chris Junior Potgieter (21) van Pretoria nie. Hy moes sy ouers se egskeiding verwerk en boonop inspring en help as broodwinner.

“Ek het as 17-jarige vakansies by ’n restaurant gaan werk vir ekstra geld, net sodat ons kos in die huis kon hê.

Hy het geen keuse gehad nie as om gou volwasse te raak .

Vandag kyk hy terug op dié tyd van sy lewe en sê hy glo hy is een van min tieners wat so goed na sy enkelouer kon omsien.

Daar was nie geld vir hom om te gaan studeer nie, maar dit het hom nie gekeer nie.

“My liefde was nog altyd mode en ek wou in elk geval my eie ding doen. Jy weet, soos entrepreneurskap,” sê Potgieter.

Met sy spaargeld het hy ná skool ’n naaimasjien gekoop en begin klere maak wat hy onder die naam Loud Luxury op Facebook bemark.

Hy het ’n mark raakgesien vir mense wat hul eie unieke klere wil laat maak. Jy kan dus aan hom beskryf wat jy wil hê, en hy sal dit maak – enigiets van ’n T-hempie tot heupsakke, ’n trui of ’n serp.

Maar dis nie waar dit eindig nie. Potgieter het planne vir ’n mobiele koffiewinkel en het reeds ’n skeepsvraghouer daarvoor gekoop. “Ek het verskriklik hard daarvoor gespaar. Ek wil ook my selfgemaakte items daaruit verkoop,” sê hy.

Hy is steeds besig om sy ma en jonger broer finansieel te help.

Sy hande staan ook vir niks verkeerd nie, en maak hy gereeld tuin, sny gras, maak goedjies in die huis reg en is ook mal daaroor om kos te maak. En saans neem hy sy ma en broer gim toe, want hy glo oefening is belangrik.

Potgieter sê daar is niks wat hom meer irriteer as lui mense nie. “Of jy nou siek, ryk of arm is, werk vir wat jy wil hê, verbeter jou eie lewe,” sê Potgieter.

Chris Junior Potgieter
Chris Junior Potgieter bemark sy klere-onderneming op Facebook. Foto: Verskaf
Meer oor:  Ontwerper  |  Entrepreneur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.