Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jong rugbyspeler op pad werk toe in ongeluk dood

’n Jong rugbyspeler en pa van twee dogtertjies is Maandagoggend op pad werk toe op die pad tussen Robertson en Bonnievale tragies in ’n ongeluk dood.

Bradley Vermeulen (27), haker vir Robertson se eerste rugbyspan, was Maandagoggend agterop ’n enkelkajuitbakkie toe die bestuurder beheer verloor en die voertuig rol.

Bradley Vermeulen (27)Foto: Facebook

Bradley is op die toneel dood verklaar, sê Lionel Hendricks, voorsitter van die Robertson-rugbyklub wat kort ná die ongeluk op die toneel was.

Bradley het in Riviersonderend na sy werk geryloop en het agterop die voertuig gesit. Volgens Hendricks het die ongeluk omstreeks 07:30 sowat 3 km buite Robertson plaasgevind.

Luidens berigte is ses ander mense wat in die voertuig was na ’n nabygeleë hospitaal gebring. Die provinsiale verkeersdiens kon nie die ongeluk bevestig nie, maar die Robertson-polisie dra kennis daarvan.

Bradley was ’n goeie spanmaat, vriend en speler, sê Hendricks.

“Hy het ’n spesiale manier gehad om ’n mens stil te laat word as hy ’n storie vertel. ’n Mens het altyd aandagtig na sy stories geluister.”

Bradley en Joslen se twee dogters, Q-lynn (4) en Zyden (2).Foto: Facebook

Volgens Hendricks het Bradley verlede seisoen vir die Worcester-span rugby gespeel voordat hy na Robertson teruggekeer het.

“Hy het ’n baie goeie sin vir humor gehad, met ’n baie sprankelende persoonlikheid. Ek is seker almal gaan hom baie mis,” sê Hendricks.

Bradley word oorleef deur sy vrou, Joslen, en twee dogters, Q-lynn (4) en Zyden (2).

Joslen sê sy was ten tyde van die ongeluk in Kaapstad en weet nie veel van wat gebeur het nie.

Ayanda Bans, die ANC se woordvoerder vir sport, het haar meegevoel uitgespreek teenoor Bradley se familie, vriende en spanmaats. “Ons dink aan julle in ons gebede,” het Bans in ’n verklaring gesê.

Bradley en Joslen op hul troudag verlede jaar.Foto: Facebook
Meer oor:  Bonnievale  |  Robertson  |  Ongeluk  |  Sterfgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.