Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jong vrou, nog 8 dood in twee ongelukke in VS

Agt mense is Saterdagmiddag in ’n ongeluk op die N3 tussen Warden en Villiers in die Vrystaat dood toe die bestuurder van ’n Volkswagen Jetta beheer oor sy voertuig verloor het.

Hillary Mophethe, woordvoerder van die Vrystaatse paaiedepartement, sê die Jetta het met vyf voertuie, wat almal in die aankomende baan was, gebots.

Vier insittendes van ’n Volkswagen Vivo en vier van die Jetta is op die toneel dood verklaar.

Die oorledenes is sewe mans en een vrou en nog niemand se name is bekend gemaak nie.

Nog drie mense is ernstig beseer in die botsing terwyl een persoon ligte beserings opgedoen het.

Jomaré Piek (22) s Saterdagoggend naby Parys in ’n ongeluk dood. Foto: Facebook
Die toneel op die N3 waar agt mense in ’n botsing dood is. Foto: ER24

Die Vrystaat se paaie was oor die Nuwejaarsnaweek meestal stil en min ander ongelukke is aangemeld.

Jomaré Piek (22), is Saterdag in ’n ongeluk naby Parys dood. Piek, wat in die Laeveld gewerk het, was volgens ’n Facebook-inskrywing Saterdag op pad na haar ouerhuis in Bloemfontein. Rod Wyndham het Saterdagoggend op die Sabi Crew-Facebook-blad meegevoel betuig met Piek se naasbestaandes.

Piek se motor en ’n ander voertuig het skynbaar teen mekaar gebots.

Sy het by die Sabi Sabi- private natuurreservaat as ontvangsdame gewerk.

Meer oor:  Warden  |  Parys  |  Villiers  |  Bloemfontein  |  Ongelukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.