Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Joost: Die rugbyman in beeld

In die fleur van sy loopbaan, in die middel-negentigs, was Joost van der Westhuizen waarskynlik die wêreld se beste skrumskakel.

Min nommer neges het oor sy kombinasie van vaart, krag en ’n slim rugbybrein beskik.

Van der Westhuizen het dan ook die boek The Chosen as een van die 50 beste Springbokke van alle tye gehaal en bevind hy hom in die geselskap van legendes soos Frik du Preez, Danie Gerber en Jan Ellis.

Hier is ’n klompie foto’s wat Van der Westhuizen se hoogtepunte op die rugbyveld uitbeeld

Joost Heystek van der Westhuizen is op 20 Februarie 1971 in Pretoria gebore. Hy het op 6 November 1993 sy toetsdebuut vir die Springbokke teen Argentinië in Buenos Aires gemaak en tot en met sy laaste toetskragmeting, op 8 November 2003 teen Nieu-Seeland, sy land in 89 toetse verteenwoordig.Foto: Argief
Joost was sy hele loopbaan lank ‘n Blou Bul-speler en het die provinsie van 1992 tot 2002 in die Curriebeker-kompetisie in 144 wedstryde verteenwoordig. Hy was lid van die span wat in 1998 en 2002 as kampioen gekroon is. Hier vier hy die Bulle se sege in die eindstryd oor die Westelike Provinsie op Loftus Versfeld, op 31 Oktober 1998. Foto: Duif du Toit
In die Superrugby-era het Joost die Bulle in 26 wedstryde tussen 1989 en 2001 en toe weer in 2003 verteenwoordig. Hy het ses drieë gedruk – hierdie een op 19 April 2003 teen die Reds op Loftus, in die destydse Super 12-kompetisie.Foto: Gallo Images
In 111 wedstryde vir Suid-Afrika (89 toetse) het Joost 56 drieë gedruk – 38 in toetse en 18 in toerwedstryde. Op 24 Oktober 1999, tydens sy tweede Wêreldbekertoernooi, gaan druk hy dié een teen Engeland in Parys, Frankryk. Die Bokke het die toets met 42-21 gewen. Foto: Tertius Pickard | Gallo Images
In sy internasionale loopbaan het hy die Springbokke teen 17 lande verteenwoordig. Die meeste van sy toetse was teen Nieu-Seeland. Hy het tussen 1995 en 2003 die magtige All Blacks 17 keer aangedurf en ses keer gaan druk. Hier duik hy op 7 Augutus 1999 oor die doellyn in ’n Drienasies-toets op Loftus.Foto: Argief
Deur die gaping! Joost slaan ‘n bres in die Australiese verdediging tydens ‘n groepfasewedstryd in die openingswedstryd van 1995 se Wêreldbeker-toernooi. Hy het in sy loopbaan in 15 toetse teen die Wallabies gespeel, maar net een keer die doellyn oorgesteek. Foto: Mike Hewitt
Tipies die goeie rugbyspeler wat hy was, het Joost net nooit ophou werk daaraan om sy spel te verbeter nie. Hier skaaf hy aan sy aangeewerk tydens die Springbokke se oefensessie op 15 November 2000 in Limerick, Ierland. Foto: Tertius Pickard | Gallo Images
Tydens die Investec Internasionale Rugbyakademie se oefenkliniek wys Joost jong spelers hoe ’n skrumskakel moet skop om sy span op die voorvoet te hou. Die kliniek was op 8 Desember 2009. Foto: Carl Fourie
Kort voor die aanvang van 2003 se WB-toernooi in Australië, skaaf Joost vir oulaas aan sy aanvallende spel. Die foto is op 9 Oktober in Perth geneem. Foto: Tertius Pickard | Gallo Images
n die 11 toetse wat hy teen Engeland gespeel het, was hy vier keer oor hul doellyn. Hier sit hy op loop teen die Rose tydens 2003 se Wêreldbeker-kragmeting in die Subiaco Oval in Perth, Australië, teen die span wat uiteindelik daardie jaar die Webb Ellis-trofee omhoog sou hou. Foto: Tertius Pickard

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.