Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Joost en Amor se Jordan is 13

Amor Vittone het te midde van vals gerugte oor haar vervreemde man, Joost van der Westhuizen, se swak gesondheid Sondagoggend foto’s geplaas op Facebook van hul seun, Jordan, se 13de verjaardagpartytjie.

Dit volg op vals gerugte oor Joost se gesondheid verlede week wat sy familie en Amor ontstel het.

Joost en Amor verskyn nie op die foto’s van die verjaardagpartytjie op haar Facebook-profiel nie. Sy het vroeër verlede week ’n grap gemaak dat sy en Joost in rolstoele op die partytjie gaan wees nadat sy haar enkel op ’n springmat gebreek het.

Amor Vittone en Joost van der Westhuizen se seun, Jordan, het die naweek sy 13de verjaarsdag gevier. Foto: Facebook
Amor Vittone en Joost van der Westhuizen se seun, Jordan, speel sokker saam met sy maats op sy verjaarsdagpartytjie.Foto: Facebook
Jordan se verjaardagkoek.Foto: Facebook

Die foto’s toon ’n partytjie met ’n sokkertema. Jordan verskyn saam met maatjies in die foto’s en ook voor ’n verjaardagkoek. Die koek dra die Engelse sokkerspan se wapen en ’n sokkerbal. Die kinders speel sokker en ry op ’n meganiese bul.

Joost het Vrydag getwiet dit gaan goed met hom.

Sy broer, Pieter van der Westhuizen, ­het gesê Joost gebruik al ’n ruk lank nou en dan suurstof om gemakliker asem te haal.

“Maar hy is nie in die hospitaal of aan ’n masjien gekoppel wat hom moet help asemhaal nie.

“Ons moes ook weer berigte lees dat Joost glo dood is. Dis nou al die vierde keer dat dit gebeur en dis regtig onnodig.”

Pieter het op die J9-stigting se Facebook-blad geskryf Joost is geensins afhanklik van suurstof nie.

Hy gebruik dit net ter ondersteuning.

Omdat hy soms net klein teugies asem inneem, gaan daar minder lug deur sy liggaam. Hy het dan ekstra suurstof nodig as sy suurstofvlak daal.

Amor moet nog vier weke met krukke oor die weg kom en daarna nog vier maande lank met ’n ortopediese stewel loop nadat sy haar linkerenkel op ’n springmat gebreek het.

Die sangeres het vandeesweek twee operasies ondergaan waartydens senings en ligamente in haar enkel herstel is.

Haar enkel is verlede Maandag gebreek het toe sy saam met haar seun en dogter, Kylie, en van hul vriende op springmatte by Bounce Inc. in Fourways, Johannesburg, gespring het.

Kylie het Sondag aan ’n perdespringkompetisie deelgeneem en haar ma wou dit ook graag bywoon.

Meer oor:  Amor Vittone  |  Joost Van Der Westhuizen  |  Seun
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.