Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Joost nou aan suurstof gekoppel
Joost van der Westhuizen in 2016. Foto: Mary-Ann Palmer

Joost van der Westhuizen se stryd teen motorneuronsiekte het moeiliker geraak. Die oud-Springbokskrumskakel is volgens Huisgenoot nou afhanklik van ’n suurstofmasjien.

Van der Westhuizen se broer Pieter het bevestig dat Joost nou a l’n "rukkie" aan ’n suurstofmasjien in sy huis in Midrand gekoppel is.

“Dit is ontsettend moeilik. Dit gaan moeilik met hom, maar hy veg voort,” het Pieter aan Huisgenoot gesê.

Die familie het die nuus stil gehou ter wille van Joost se kinders, Jordan (12) en Kylie (10), by die sangeres en TV-aanbieder Amor Vittone, van wie hy vervreem is.

Vittone het vroeër die week ook ’n terugslag beleef toe sy by ’n trampolienpark haar enkel gebreek het.

“Ek weet mense wil vir hom bid. Daar is baie mense.”

Verskeie sportlui en bekendes het in die sosiale media goeie wense aan die gesin gestuur.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting deur die loop van die dag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.