Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jooste het liedjie ‘My Way’ aan vriende gestuur

’n Vriend van Markus Jooste was bekommerd dat hy beplan om sy eie lewe te neem nadat hy kort ná sy bedanking ’n video aan ’n klomp mense gestuur het van die drie tenore wat Frank Sinatra se weergawe van “My Way” sing. Die lied is deur Paul Anka en Jacques Revaux geskryf.

Maar toe die vriend, wat nie sy naam genoem wil hê nie, die lirieke van die lied lees, was hy ontsteld omdat dit gelyk het of Jooste nie spyt is oor enigiets wat hy gedoen het nie.

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff.

Jooste het in Desember 2017 as uitvoerende hoof van Steinhoff bedank nadat die maatskappy erken het daar was “rekeningkundige onreëlmatighede”.

Netwerk24 het Woensdagoggend berig Jooste het op 15 Februarie ook ’n WhatsApp-boodskap aan Shaun Bruyns, finansiële hoof van Lodestar gestuur waarin hy hom verwyt dat hy Jooste se maatskappy Mayfair probeer inloop.

Hy waarsku ook dat Bruyns “baie deeglik moet nadink” oor wat hy wil doen. “Dit is nie hoe vennote optree as een van hulle ’n tydelike probleem het nie.”

Dié boodskap het aan die lig gekom in hofstukke in ’n saak tussen Lodestar en Mayfair. Dit is die eerste kommunikasie van Jooste wat sedert Desember openbaar gemaak is.

Lees ook: Jooste ‘dreig’sakevriend met WhatsApp

Jooste se laaste bekende kommunikasie was die brief wat hy op 6 Desember aan personeellede van Steinhoff gestuur het ná sy opspraakwekkende bedanking as uitvoerende hoof. Sedertdien bly hy op die agtergrond en verskeie van sy vriende, onder andere sy bure op die plaas Jonkersdrift in Stellenbosch, sê hulle het hom nog nie weer gesien nie. Hy beantwoord ook nie enige medianavrae nie.

Hy het boonop geweier om in die parlement te verskyn toe Steinhoff se direksie terugvoering moes gee oor die gebeure by die maatskappy sedert Desember.

Hy het die video van Frank Sinatra se weergawe van “My Way” in Januarie vanjaar aan vriende gestuur.

Die lirieke van die liedjie is:

And now, the end is near

And so I face the final curtain

My friend, I’ll say it clear

I’ll state my case, of which I’m certain

I’ve lived a life that’s full

I’ve travelled each and every highway

But more, much more than this

I did it my way

Regrets, I’ve had a few

But then again, too few to mention

I did what I had to do

And saw it through without exemption

I planned each charted course

Each careful step along the byway

And more, much more than this

I did it my way

Yes, there were times, I’m sure you knew

When I bit off more than I could chew

But through it all, when there was doubt

I ate it up and spit it out

I faced it all and I stood tall

And did it my way

I’ve loved, I’ve laughed and cried

I’ve had my fill my share of losing

And now, as tears subside

I find it all so amusing

To think I did all that

And may I say – not in a shy way

Oh no, oh no, not me

I did it my way

For what is a man, what has he got

If not himself, then he has naught

To say the things he truly feels

And not the words of one who kneels

The record shows I took the blows

And did it my way

Yes, it was my way

Meer oor:  Markus Jooste  |  Liedjie  |  Video
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.