Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jozi ‘Housewives’ ‘rand mekaar aan’

Dinge het so handuit geruk terwyl The Real Housewives of Johannesburg verfilm is dat drie vroue wat daarin verskyn, nou oor-en-weer aanrandingsklagte by die polisie ingedien het.

Christall Kay
Christall Kay

M-Net het ook besluit om die derde reeks van dié werklikheidsprogram te staak.

Die polisie het die afgelope week bevestig hulle ondersoek drie klagte van vroue wat deel van die program is. “Ja, die polisie ondersoek sake van aanranding in dié verband. Geen verdagte is nog in hegtenis geneem nie,” sê kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder.

Rapport se susterskoerant, City Press, het verneem ’n nuwe lid van die rolverdeling, Gugu Khathi, wat met die kwaitosanger en musiekvervaardiger DJ Tira getroud is, en die huisvroue Brinnette Seopela en Christall Kay was glo ’n maand gelede in ’n nare geveg by ’n klub in Pretoria betrokke waarin mense voor én agter die kameras beseer is.

Makhubela wou nie besonderhede oor die voorval gee nie.

Gugu Khathi
Gugu Khathi

“Wat die polisie kan sê, is dat twee vroue sake van aanranding teen mekaar aanhangig gemaak het. Die polisie stel ondersoek in na wat gebeur het.”

Bronne na aan die rolverdeling pak die skuld op die program se vervaardigers wat glo ter wille van dramatiese indruk en om kykers te lok insinuasies oor ’n fisieke geveg tussen die vroue gemaak het.

Gevolglik het Khathi en Seopela Kay glo aangeval terwyl die kameras aan die rol was.

Kay het die voorval aan City Press bevestig, maar gesê sy is sonder provokasie aangeval.

Brinnette Seopela
Brinnette Seopela

“Khathi is die een wat my teen my oog geslaan het, wat my ’n blouoog gegee het. Sy het dit gedoen terwyl ek gesit het en daar was geen bedreiging vir haar nie. Ek het bewyse hiervoor. Sy is bang oor wat sy gedoen het en probeer ’n saak teen my maak.

“Seopela was die heeltyd saam met haar en het met die aanval op my gehelp.”

Kay het ’n saak van aanranding teen Khathi en Seopela by die Brooklyn-polisiekantoor ingedien.

Nóg Khathi nóg Seopela wou oor die saak kommentaar lewer.

’n Bron na aan die produksie sê nóg sake van aanranding is teen Kay ingedien omdat sy na bewering mense op die stel aangeval het, onder wie lede van die verfilmingspan.

Philly Kubheka van M-Net het bevestig die program is gekanselleer, maar wou nie besonderhede gee nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.