Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jy kan nog tot Sondag haweloses hoop in winter gee

Die landwye Winterhoop-veldtog loop Sondag ten einde en organiseerders nooi weldoeners om vir oulaas hul harte vir haweloses oop te maak.

Met die veldtog, wat op 1 Junie begin het, word mense aangemoedig om komberse, warm klere en niebederfbare kos by spe­siale aflaaipunte af te laai van waar dit aan behoeftige mense uitgedeel word.

“Ons is opnuut verstom oor die hoeveelheid welwillendheid en die gemeenskapsgevoel wat deur iets so eenvoudigs as die bibberende koue geskep word,” sê Duane Edwards, Winterhoop se nasionale bestuurder.

“Ons is ontsettend dankbaar vir die skenkings wat ons tot dusver ontvang het. Dit wys dat die mense van Suid-Afrika omgeeharte het.

“Ek wil mense aanmoedig om ons in die laaste week van die veldtog te ondersteun omdat dit ons help om hoop vir minder­bevoorregte mense ’n werklikheid te maak.”

Sedert 1 Junie is 1 632 komberse, 1 477 inkopiesakke met klere, 428 inkopiesakke met kos en 414 musse reeds ingesamel.

Verblyf is aan 3 615 haweloses gegee.

Die organisasies wat vanjaar by Winterhoop betrokke is, is PEN (Participate Empower Navigate) in Pretoria, MES (Mould Empower Serve) in Johannesburg, Kempton Park, Kaapstad en Port Elizabeth, die Denis Hurley-sentrum in Durban en Torings van Hoop in Bloemfontein, in samewerking met verskeie kerke en liefdadigheidsorganisasies.

Die aflaaipunte is in Pretoria, Johannesburg, Kaapstad, Durban, Port Elizabeth en Bloemfontein, as-ook ’n paar kleiner dorpe.

Kontantskenkings kan deur Snapscan of internetoorbetaling gedoen word.

  • Besoek winterhoop.org vir die bankbesonderhede en waar presies die aflaaipunte is.
Meer oor:  Haweloses  |  Winterhoop-Veldtog  |  Skenkings  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.