Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
K-woord op Kersdag: Verskoning ‘17 dae te laat’

’n Pa van Edgemead, Kaapstad, wat in ’n stryery een van sy bure se familielede die k-woord toegesnou het, sal sy kant van die saak dalk in die gelykheidshof moet stel.

In ’n video-opname van die voorval wat wyd op Facebook en Instragram versprei is, kan gehoor word hoe die man belediging rondslinger en selfs die k-woord gebruik.

Jesse Mfolozi, wat in Johannesburg woon en tans in die Kaap met vakansie is, sê sy en die res van haar familie het soos oudergewoonte Kersdag by haar niggie se huis in Edgemead gevier, toe die voorval plaasgevind het.

Mfolozi sê die hele onsmaaklikheid het begin toe daar ’n onderonsie tussen een van hul kinders en die bure se kinders was.

“Ons vyfjarige seun wou met die bure se kinders se bal speel en hulle wou hom nie toelaat nie. Ons verstaan kinders is maar kinders, maar die buurman was vuur en vlam. Hy het uitgestorm en allerhande neerhalende uitlatings teenoor my nefie begin skree.”

Volgens Mfolozi was hulle Donderdagmiddag by die Bothasig-polisiekantoor om die saak aan te meld en die polisie het hulle vergesel na die man se huis om sy besonderhede te kry.

Volgens Mfolozi was die man bietjie onkant gevang en hy het selfs om verskoning gevra.

“Sy verskoning het egter sowat 17 dae te laat gekom. Hy het nie een keer probeer om ons te nader nie,” sê sy.

Mfolozi sê dat sy ’n sterk boodskap wil uitstuur dat rassisme nie in die land geduld sal word nie.

Sy sê sy gaan Vrydag die saak by die gelykheidshof in Goodwood aanmeld.

Pogings om die man in die video te kontak, was onsuksesvol.

Meer oor:  K-Woord  |  Rassisme  |  Kersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.