Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaap het nou meer grafte vir Moslem-begrafnisse

Kaapstad moes meer Moslem-grafte beskikbaar maak nadat een van die begraafplase in die suidelike voorstede sy kapasiteit bereik het.

Die Klipweg-begraafplaas in Parkwood is vol, maar dr. Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste, sê die ander munisipale begraafplase het steeds grafte beskikbaar wat aan Moslem-voorskrifte voldoen.

Nietemin het die stadsraad meer spasie by die Maitland-begraafplaas beskikbaar gemaak en 837 ekstra grafte is nou beskikbaar.

Badroodien sê die stadsraad werk ten nouste saam met die Moslem Juridiese Raad (MJC) om meer Moslem-grafte beskikbaar te stel.

Tans vind 150 Moslem-begrafnisse per maand in munisipale begraafplase plaas.

“Die stadsraad respekteer sy inwoners se geloofsregte en daarom werk ons saam met die MJC om te verseker dat hierdie begrafnisse nog op dieselfde dag kan plaasvind,” sê Badroodien.

Dié munisipale begraafplase in Kaapstad maak voorsiening vir Moslem-grafte:

• Muizenberg;

• Dido-vallei;

• Ocean View;

• Klipweg;

• Maitland;

• Atlantis;

• Delft;

• Wallacedene;

• Welmoed;

• Khayelitsha; en

• Kleinvlei.

Die getal janazahs (Moslem-begrafnisse) per maand het weens Covid-19 toegeneem, wat daartoe lei dat begraafplase vinniger vol raak.

“Tot nou was die gekose begraafplaas Klipweg, maar daar is nie meer Moslem-grafte hier beskikbaar nie,” sê Badroodien.

Daar is nog genoeg spasie by die ander begraafplase nadat die stadsraad in 2020 meer grafte vir alle gelowe beskikbaar gemaak het in die lig van die Covid-19-pandemie.

Die stadsraad streef daarna om Moslem-begrafnisse met waardigheid, maar steeds ingevolge die stadsraad se reëls, af te handel.

“Ons vra die Moslem-gemeenskap om asseblief waar moontlik begrafnisse tydens kantoorure te hou en ook voor sonsondergang, ter wille van almal se veiligheid,” sê Badroodien.

Die MJC het ook koördineerders aangewys wat help met die verwerking van dokumente vir begrafnisse wat nauurs plaasvind.

Daar moet vooraf vir grafte betaal word. Dit geld almal wat munisipale begraafplase gebruik.

“Daar word nie ’n tarief gehef vir begrafnisse wat ná kantoorure plaasvind nie en daar is spesiale reëlings om Moslem-begrafnisse tot sonsondergang te fasiliteer,” sê Badroodien.

Vir meer inligting kan die onderskeie bestuurskantore van die begraafplase tussen 07:30 en 16:00 gekontak word, of stuur ’n e-pos na cemetery.administration@capetown.gov.za

Kontakbesonderhede van die verskillende kantore van munisipale begraafplase in die Kaapse metro-gebied. Foto: Kaapse stadsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.