Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaap kry min reën
Die ligte reën in die Kaap gaan teen vanmiddag verby wees. Foto: Argief

Kapenaars het Donderdagoggend met ’n ligte reënbui wakker geword, maar dit sal in die middag weer verby wees.

Reëndruppels het vir die eerste keer hierdie week geval.

“Dit is bitter min reën wat ons kry, dit is net oor die kuslyn. Dit is meer van ’n motreën wat ons kry met die front wat deurbeweeg,” sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD).

“Dit sal niks meer as tussen 3 mm tot 5 mm wees nie.”

Donderdag sal dit in die Kaap bewolk tot gedeeltelik bewolk wees.

Vrydag sal dit weer opklaar voordat daar weer ’n skraal kans van reën vir Saterdag voorspel word.

Geen ernstige padongelukke is op Kaapse paaie aangemeld nie.

“Dit is oop en nog koud vanoggend met temperature wat later deur die dag ’n bietjie sal styg. Geen reën word in die noorde verwag nie.”

Ander verwagte temperature vir vandag sluit in:

Wes-Kaap:

Kaapstad 16°C, Worcester 17°C, George 16°C, Vredendal 20°C, Beaufort-Wes 15°C

Oos-Kaap:

Queenstown 16°C, Mthatha 21°C, Graaff-Reinet 16°C, Oos-Londen 20°C, Port Elizabeth 17°C

Gauteng:

Johannesburg 22°C, Pretoria 23°C, Vereeniging 21°C, Springs 19°C, Hammanskraal 25°C

In KwaZulu-Natal:

Newcastle 22°C, Ulundi 23°C, Richardsbaai 24°C, Durban 23°C

Noord-Kaap:

Upington 25°C, Kimberley 22°C, Springbok 21°C, Alexanderbaai 21°C, De Aar 17°C

Limpopo:

Tzaneen 27°C, Polokwane 23°C, Thabazimbi 25°C, Thohoyandou 28°C

Mpumalanga:

Mbombela 27°C, Ermelo 19°C, Standerton 21°C, eMalahleni 21°C

Noordwes:

Rustenburg 24°C, Mahikeng 22°C, Potchefstroom 23°C, Taung 24°C

Vrystaat:

Welkom 22°C, Bethlehem 21°C, Bloemfontein 22°C

Meer oor:  Kaap  |  Reën  |  Droogte  |  Weer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.