Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse brandweer betoog oor oortyd

Brandweerpersoneel in Kaapstad dreig om van Oktober af net van 08:00 tot 16:00 te werk en hul stasies ná ure te sluit tensy die Kaapstadse metroraad aan hul eise vir oortydbetaling gehoor gee.

Personeellede van brandweerstasies oor die Kaapse skiereiland heen het Donderdag opgeruk na die burgersentrum in Kaapstad om beter vergoeding te eis nadat onderhandelinge ’n dooiepunt bereik het.

Brandbestryders het van Hanoverstraat na die burgersentrum gestap om beter oortydbetaling te eis.

Brandbestryders betoog Donderdag in Kaapstad vir beter oortydvergoeding.

Xolani Diniso, verteenwoordiger van die munisipalewerkersvakbond Samwu, sê daar is in 2007 ooreengekom dat die toelae 22,8% van hul salaris sal beloop. Dié ooreenkoms het reeds in 2010 verval, en die persentasie is nog nooit verhoog nie.

Hy sê die stad se voorgestelde toelae van 30% is minder as die 35% wat die bedingingsraad vir plaaslike regering vroeër voorgestel het.

Kaapse brandweerpersoneel het Donderdag na die burgersentrum opgeruk.

Ontstelde brandweerpersoneel het hul vakbond die groen lig gegee om die stad “in sy peetjie te stuur met sy skandalige aanbod”.

“Ons werk skofte van 24 uur, sien nooit ons gesinne nie, ons stel ons lewe in gevaar elke keer as ons

uitgaan,” het ’n brandweerman wat aan die optog deelgeneem het, gesê.

“Ek dink dis tyd dat ons net ’n gewone dagskof werk en die deure ná 17:00 sluit, want niemand dra ons

belange op die hart nie,” het ’n ander brandbestryder gesê.

Meer oor:  Samwu  |  Kaapstad  |  Brandweer  |  Oortyd  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.