Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse drywer sterf ná petrolbom-aanval

Die Kaapse vragmotorbestuurder wat met petrolbomme naby Touwsrivier aangeval is, is Vrydag ná byna twee weke in die hospitaal oorlede.

Bernard GroenewaldFoto: Facebook

Bernard Groenewald (49), mede-eienaar van ’n vervoermaatskappy in die Paarl, en sy vragmotor is die oggend van 2 Junie op die N1 met petrolbomme bestook toe hy en sy vrou se swaer langs die pad geslaap het voordat hulle na Johannesburg sou vertrek.

Ciska Groenewald, sy vrou, het Vrydagaand bevestig hy is in die hospitaal oorlede. Hy is in die Worcester-Mediclinic behandel.

Bernard het 60% tot 70% brandwonde oor sy lyf opgedoen in die aanval waarin die voorruit van sy vragmotor uitgegooi is en hy met ’n petrolbom bestook is toe hy probeer weghardloop het. Hy het ook sy enkel gebreek.

Vroeër is berig hy en Jan Jansen (59), Ciska se swaer, het elk in hul vragmotors langs die pad stilgehou om te rus nadat hulle vragte in Saldanhabaai opgelaai het.

LEES MEER: Petrolbom: Man steeds onder verdowing ná aanval

Jansen kon sonder te veel skade aan sy vragmotor wegtrek en is ongedeerd.

Ciska het in dié tyd te kenne gegee daar is nie met die vragte gepeuter nie en dat dit nie voorkom asof die aanvallers wou steel nie.

Bernard en Ciska Groenewald.Foto: Facebook

Die aanval het om 01:00 die Sondag plaasgevind, op dieselfde dag dat minstens 16 ander vragmotors oor die land heen aan die brand gesteek en aangeval is.

LEES MEER: 17 vragmotors brand een ná die ander

Die egpaar het Huddlestone Transport saam bedryf en in die Paarl gewoon.

’n Dag ná die aanval het Ciska gesê sy het dikwels saam met haar man in die vragmotor gery en net per toeval nie dié keer saamgegaan nie.

LEES MEER: Kaapse drywer rus voor lang pad, toe tref petrolbom

Die twee mans het besluit om juis by Touwsrivier se kant te parkeer omdat dit nie bekend is vir aanvalle soos ander dele langs die N1 nie.

’n Saak van poging tot moord en kwaadwillige saakbeskadiging is ná die voorval geopen. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Bernard Groenewald  |  Touwsrivier  |  Sterf  |  Vragmotorbestuurder  |  Aanval  |  Petrolbom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.