Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse kouefront se tentakels raak nie binneland

Die kouefront wat tans sy yskloue deur dele van die Kaap sleep, behoort nie die binneland se tande te laat klap nie.

“Daar kan dele in die suide van Mpumalanga en Gauteng wees wat ’n graad of twee verskil sal voel, maar die invloed van die front behoort nie ’n reuse-effek op die binneland, insluitende die Vrystaat, te hê nie,” troos Quinton Jacobs, senior voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Volgens hom het die gevreesde tweede kouefront reeds Maandagmiddag en Dinsdagoggend oor die Wes-Kaap en suidelike dele van die Noord-Kaap beweeg en Dinsdag laatmiddag oor George in die Wes-Kaap ingeskuif.

“Die effek sal meestal net oor die suidelike dele van die land gevoel word. Die binneland kan dalk Woensdag en Donderdag ’n bietjie kouer as normaalweg wees, maar dit behoort oor die naweek te herstel.

“Dit gaan egter nie baie kouer as gewoonlik wees nie. Johannesburg se verwagte minimum temperatuur sal so by 5 °C draai en dan styg tot in die lae 20’s, met Pretoria wat ’n bietjie warmer gaan wees.

“Die kouefront sal geen invloed op Limpopo hê nie,” sê Jacobs.

Daar is ook geen weerwaarskuwing nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.