Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse nommerplate: Tatta CA, hallo WC

Kaapstad se relatief nuwe CAA-nommerplate is op die punt om versadig raak en gaan vervang word met ’n nuwe alfanumeriese kode wat gaan eindig in WC.

Die CAA-nommerplate in Kaapstad gaan nou vervang word met ’n nuwe alfanumeriese kode wat gaan eindig in WC.

Volgens Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR vir vervoer, sal die ou CAA-nommerplate vervang word met alfanumeriese karakters, gevolg deur WC aan die einde.

“Die nuwe nommerplate sal soortgelyk wees aan die Gautengse en die Oos-Kaapse nommerplate.”

Madikizela sê die nuwe nommerplate word geskep omdat meer daarvan uitgereik sal kan word.

“Die huidige CAA-nommerplate laat slegs toe dat 99 999 plate vervaardig word. Ons glo dat die nuwe nommerplaat die beste manier is om vorentoe te gaan, want met die WC-stelsel kan ons ongeveer 16 miljoen nommerplate uitreik.”

Volgens Madikizela sal dit baie lank duur voordat die stad weer ’n probleem met nommerplate ondervind.

Die CAA-nommerplate is nog relatief nuut en is eers in Mei 2019 bekend gestel.

Madikizela sê die beoogde nommerplaatverandering sal binnekort vir openbare kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer word.

Die LUR sê daar sal van CA-, CAA- en WP-nommerplaat-houers verwag word om hul ou nommerplate in te ruil, maar daar is nog nie ’n spesifieke tydsraamwerk hiervoor uitgewerk nie.

Meer oor:  Bonginkosi Madikizela  |  Kaapstad  |  Nommerplate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.