Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse paaie gesluit vir karnaval

Verskeie paaie sal die komende naweek vir die duur van die Kaapstad-karnaval in Groenpunt in Kaapstad gesluit wees. Busdienste in die gebied sal ook Saterdag vanaf 14:00 deur die sluitings geraak word en van hul gewone roetes afwyk.

Die Kaapstad-karnaval is ’n jaarlikse gebeurtenis wat in Maart aangebied word en die diversiteit van die Moederstad en Suid-Afrika uitbeeld. Reuse-poppe, kleurryke kostuums en sierwaens sal aan die optog oor die roete van 1,2 km deelneem.

In die gebiede rondom die lekkerlooproete (fan walk) na en van die Groenpunt-stadion sal die parkeerbeperkings reeds vanaf Vrydag 00:00 tot Sondag 01:00 geld.

Voertuie met permitte sal wel toegang tot die gebied in Somersetweg kry: tussen Bo-Portswood- en Vesperdeneweg; tussen die Exhibition Terrace en Ashsteadweg; tussen Highfield (insluitend die Son Vida-voertuigingang) en Boundaryweg.

Daar sal parkeerplek vir gestremdes vir mense met geldige permitte by Gallows Hill wees.

Besoek die webwerf capetowncarnival.com/road-closures/ vir nadere besonderhede oor die sluiting van die paaie.

kaapstad, karnaval, paaie
Grafika24
Meer oor:  Kaapstad-Karnaval  |  Groenpunt  |  Padsluitings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.