Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse pad gesluit ná sandstorms

“Hewige sandstorms” oor die Theewaterskloofdam in die Wes-Kaap het daartoe gelei dat die pad tussen Villiersdorp en Grabouw vroeg Donderdagoggend al gesluit is.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het bevestig dat dié pad in die Overberg-distrik gesluit is, met die padoppervlak wat deur sand bedek is.

Die brug oor die Theewaterskloofdam, tussen Villiersdorp en Grabouw, is Donderdagoggend weens “hewige sandstorms” gesluit en die provinsiale verkeersdienste sê dit tans onbegaanbaar as gevolg van sand op die padoppervlak. Dié foto is in Januarie geneem. Foto: Jaco Marais

Motoriste is aangeraai om ander roetes van Villiersdorp na Grabouw te neem, deur die N2 by Botrivier en Houwhoekpas.

“Sedert vroeg vanoggend moes ons die pad tussen Villiersdorp en Grabouw weereens sluit vir verkeer as gevolg van hewige sandstorms tussen die Theewaterkloofdam-brug en Vyeboom. Die pad is tans onbegaanbaar.”

Kaapstad se verkeersdienste het die oggend aangedui dat geen paaie al weens oorstromings of windskade gesluit is nie.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag dat ’n kouefront Donderdag oor die Suidwes-Kaap sal beweeg, met reën en ’n sterk noordwestewind veral oor die binneland.

Lees ook:

https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/pragtige-kouefront-bring-koue-van-reen-en-sneeu-20180711

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Sandstorm  |  Pad Gesluit  |  Theewaterskloofdam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.