Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse polisie soek vermiste meisie (12)
Michaela Williams is sedert Dinsdag vermis.Foto: Verskaf

Die Grassy Park-polisie in Kaapstad het die publiek se hulp gevra om ’n 12-jarige meisie wat Dinsdagmiddag spoorloos verdwyn het, op te spoor.

Kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê Michaela Williams is laas in haar huis in Cranestraat in New Horizon, Grassy Park, gesien.

“Sy is in die vroeë oggendure as vermis aangemeld nadat sy laas gesien is in die geselskap van ’n volwasse man wat ook in Cranestraat woon. Die man is nie tans by sy huis nie,” het Traut gesê.

Traut sê ten tyde van haar verdwyning het Michaela ’n swart mini-romp, oranje top en bruin sandale aangehad. Enigiemand met inligting oor die kind word versoek om Crime Stop by 08600 10111 of die Grassy Park-polisiekantoor by 021 700 3900 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.