Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse polisiehoë wil ‘terugbaklei’ oor bewerings

“Dis nou die tyd om terug te baklei,” was Maandag die woorde van genl.maj. Jeremy Vearey, adjunk-polisiekommissaris in die Wes-Kaap belas met speurdienste.

Genl.maj. Jeremy Vearey. Foto: Edrea du Toit

Hierdie stelling van Veary kom ná ’n berig in die Sunday Times waarin beweer word dat hy geld ontvang of gevra het by Nafiz Modack, ’n vermeende rolspeler in die Kaapse onderwêreld. Die geld is glo in ruil daarvoor dat Vearey vuurwapens van Modack, waarop daar beslag gelê is, aan hom terugbesorg.

Die Sondagkoerant het ook ’n opname van ’n beweerde gesprek tussen Vearey en Mohamedaly Hanware op sy webtuiste gelaai. Hanware is glo die middelman tussen Vearey en Modack.

Vearey het Maandag onomwonde ontken dat dit sy stem op die stemopname is.

In die stemopname word daar gepraat van onder meer biltong, rose en olyfbome. Dit is glo kodewoorde vir vuurwapens en geld.

Veary sê dat hy ’n klag teen die Sunday Times by die persombudsman ingedien het.

“Dis duidelik op die bandopname dat Hanware ‘G’ sê en nie ‘V’ nie. Dit is ook duidelik dat dit nie my stem op daardie bandopname is nie.”

Luidens die berig het die koerant Vearey om kommentaar genader en vir hom gesê dat hy na die bandopname kan luister. Hy wou glo nie en het daarop aangedring dat hulle dit vir hom stuur sodat hy dit forensies kan laat ontleed.

Vearey het Maandag gesê dat hy egter reeds in besit van die bandopname is en dat hy dit nou beslis forensies gaan laat ontleed.

Hy sê dat hy in gesprek met die koerant se redakteur was nadat hy vir kommentaar genader is, en het aan hom gesê daar gaan beslis gevolge wees as hulle voortgaan om die onwaarhede te publiseer.

Modack wou Maandag nie enige kommentaar lewer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.