Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse stadsaal byna klaar gerestoureer

Die maande lange restourasie van Kaapstad se stadsaal is byna klaar en ’n konsert word in September beplan om dié nuwe rok wat dié ou dame gekry het behoorlik te vier.

Die stadsaal, wat 113 jaar oud is, is die afgelope nege maande gerestoureer. Dit is die eerste groot restourasiewerk wat sedert 1947 gedoen is.

Kaapstad se metroraad sê in ’n verklaring die grootste deel van die werk is bykans afgehandel en dat die laaste werk nou aan die ouditorium en die omliggende ontvangsale gedoen word.

Van die werk wat gedoen is, behels nuwe sitplekke, die verstewiging en restourasie van die vloer en nuwe lugversorging.

Die Parade oorkant die stadsaal word ook opgegradeer as deel van ’n groter plan om dié deel van die middestad ’n nuwe baadjie te gee.

Verdere werk wat nog aan die stadsaal gedoen gaan word, sluit in die opgradering van die kantore en die badkamers op die grondvloer en die herstel van die heining agter die stadsaal.

*Die metroraad sal later meer inligting bekend maak oor die konsert wat in September beplan word.

Meer oor:  Kaapstad  |  Stadsaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.