Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse stadsaal in Junie klaar gerestoureer
Kiaatpanele gaan weer te sien wees nadat die restourasiewerk van die ouditorium voltooi is.Foto: Kaapstadse metropoolraad

Kiaat en klassieke lyne gaan weer in die ouditorium van die Kaapstadse stadsaal te sien wees wanneer die restourasie voltooi is.

Die restourasiewerk en opgradering van die ouditorium, voorheen bekend as die Groot Saal, sluit ’n nuwe lugverkoelingstelsel in sowel as ’n nuwe vloer en sitplekke.

Een van die dele van die saal wat weer sigbaar sal wees nadat dit vir jare toegebou was, is die voorkant van die verhoog met sy oorspronklike kiaathout.

Die oorspronklike verhoog is in 1905 gebou en was binne twee jaar reeds te klein. Die verhoog is mettertyd groter gemaak en sitplekruimte moes hiervoor ingeboet word.

Die nuwe, verbeterde verhoog het ’n reguit voorkant, dit sal ietwat laer wees as die huidige verhoog en die sitplekke is ook weer in reguit lyne.

Stuart Diamond, burgemeesterskomiteelid vir bate- en geriewebestuur, sê daar word hard gewerk sodat die opknappingswerk betyds klaar sal wees vir die volgende reeks konserte.

Die groot konstruksiewerk behoort teen einde Junie klaar te wees, met die finale afrondingswerk wat in Julie gedoen word.

Die werk word onder die wakende oë van erfenisspesialiste gedoen, sê Diamond.

Werkers besig met restourasiewerk. Foto: Kaapstadse metropoolraad
Die binnekant van die ouditorium, voorheen ook bekend as die Groot Saal van die stadsaal.Foto: Kaapstadse metropoolraad
Meer oor:  Kaapstad  |  Stadsaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.